31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit;32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op die dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie -- my verbond wat hulle verbreek het, alhoewel Âk gebieder oor hulle was, spreek die HERE.33 Maar dit is die verbond wat Ek n die dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
Publicidade
Jeremias 31
Veja também
Publicidade