1 Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;

2 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.

3 Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,

4 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.

5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.