Aprender

1 Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas.


11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.


9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.


5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.


27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos die julle geleer het, so moet julle in Hom bly.


8 Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

9 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.


1 Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.


20 hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,


19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


4 Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.


16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.


26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.


9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.


29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

30 want my juk is sag en my las is lig.


8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.


5 Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig,


11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.


7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.


10 Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.


42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.


16 Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.


11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;