Comunidade

24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.


16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;


8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.


1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!


11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.


17 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.


10 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.


1 En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.


3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.


3 Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.


20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.


5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,


32 En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.


13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.


42 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.


5 So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.


14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.


7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.


46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,

47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.


14 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.


28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.


4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.


20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.