Consequências dos Nossos Atos

12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.


6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:

7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;

8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;

9 verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;

10 maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.


16 En nie soos deur ,,n wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit ,,n tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.

17 Want as ten gevolge van die misdaad van die ,,n die dood geheers het deur die ,,n, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Â,n, Jesus Christus.


1 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.


5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.


25 Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers n die geloftes te oorweeg.


13 Maar die aarde sal 'n wildernis word vanweë sy inwoners, as gevolg van hulle handelinge.


1 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;


36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.


12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.


13 Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?

14 U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees.


17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.


17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,


49 En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.


3 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.


12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.