Corpo é o Templo de Deus

9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,


19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus

20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,

21 en ons 'n groot Priester oor die huis van God het,

22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.


20 Ek is met Christus gekruisig, en ,k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.


19 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.


19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here,

22 in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.


23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.


4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,

6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.


5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,

6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.


16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.


16 Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.