Despedida

36 En n hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.

37 En daar het 'n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,

38 veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.


10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.


33 En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.


41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.

42 En Jonatan sê vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die HERE gesweer en gesê het: Die HERE sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.


11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.


11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

12 Groet mekaar met 'n heilige kus.


17 Maar nadat ons, broeders, 'n kort tydjie van julle geskeie was -- in persoon, nie met die hart nie -- het ons met groot verlange ons des te meer beywer om julle aangesig te sien.


14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.


8 sê Naomi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.

9 Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween

10 en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk.

11 Maar Naomi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam, dat hulle julle mans kan word?

12 Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om 'n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag aan 'n man mag behoort en ook seuns baar --

13 sou julle in die geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in die geval julleself opsluit om nie aan 'n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.

14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.


24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;

25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.


41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het.


8 Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.


7 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.

8 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.


27 Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.


61 En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.


25 Die genade sy met julle almal! Amen.


6 So het Josua hulle dan geseënen hulle laat gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.


1 En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedonië te reis.


20 Daarop het hy die osse verlaat en agter El¡a aan geloop en gesê: Laat ek tog my vader en my moeder soen; daarna sal ek u volg. En hy antwoord hom: Gaan terug, want wat het ek aan jou gedoen?

21 Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag dit; en met die osse se trekgoed het hy hulle vleis gekook en aan die mense gegee, en hulle het geëet; daarna het hy hom klaargemaak en El¡a gevolg en hom gedien.