Fraqueza

3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.


9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.


26 Al beswyk my vlees en my hart -- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.


22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.


7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.


13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.


26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.


10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.


28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.


15 Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.


29 Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.


41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.


7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.


8 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.