Irrepreensível

10 Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.

11 Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.


2 Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.


24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.


31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.


7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel


27 Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is d¡t: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.


17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.


1 Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.


30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur.


10 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.


14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.


2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.


11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.


15 Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd n wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.


21 Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.


9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword


2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;

3 wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;