Ouvir a voz de Deus

21 en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.


1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.


16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.


27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.


4 Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.


24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.


45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.


14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid.


24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.


24 en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.


28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.


20 terwyl julle veral d¡t moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;

21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.


3 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters.

4 Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.

5 Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die L¡banon;


17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.


3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.


47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.