Pais e Filhos

8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

9 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.


4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.


26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel.


24 Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.


6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.


22 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.


15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: •f die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, •f die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.


16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.


6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.


1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

2 Eer jou vader en jou moeder -- dit is die eerste gebod met 'n belofte --

3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.


20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.


12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.


15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.


6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;

7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.


11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;

12 of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee?

13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?


8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.


21 Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.


3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.

4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.

5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.


24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.


24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.


20 Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.


7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?


4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.


1 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.