O Senhor é o Meu Pastor

2 Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape.

3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.

4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.


1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.


1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.


9 Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid.


25 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.


14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.

16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.


10 Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.

11 Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.


11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.


4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.