Pular para o conteúdo
Publicidade

Ageu 2

BIBEL1930

Belofte omtrent die heerlikheid van die herboude tempel.

1 OP die een-en-twintigste dag van die sewende maand het die woord van die Here deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:

2 Spreek tog met Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en met Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en met die oorblyfsel van die volk en :

3 Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle nie?

4 Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die Here, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die Here, en werk! Want Ek is met julle, spreek die Here van die leërskare,

5 met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie!

6 Want so die Here van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.

7 Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, die Here van die leërskare.

8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die Here van die leërskare.

9 Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, die Here van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die Here van die leërskare.

10 Op die vier-en-twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die Here gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

11 So die Here van die leërskare: Vra tog aan die priesters inligting uit die wet en :

12 As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.

13 Daarop Haggai: As iemand wat deur 'n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.

14 Toe antwoord Haggai en : is in my hierdie volk en hierdie nasie, spreek die Here, en is al die werk van hulle hande en wat hulle dáár offer onrein is dit.

15 Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die Here,

16 in dié tyd het iemand gekom by 'n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.

17 Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael al die werk van julle hande nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die Here.

18 Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier-en-twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die Here gelê het; merk op:

19 Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën.

20 Vir die tweede maal het die woord van die Here tot Haggai gekom op die vier-en-twintigste van die maand en gesê:

21 Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en : Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.

22 En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander.

23 In dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek die Here, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die Here van die leërskare.

1 I den syvende måned, den en og tyvende dag i måneden, kom Herrens ord ved profeten Haggai, og det lød : 2 Si til Serubabel, Sealtiels sønn, stattholderen over Juda, og til Josva, Jehosadaks sønn, ypperstepresten, og til dem som er igjen av folket: 3 Har nogen blandt eder som er blitt igjen, sett dette hus i dets første herlighet? Og hvad synes I om det nu? Er det ikke som ingenting i eders øine? 4 Men vær nu frimodig, Serubabel, sier Herren, vær frimodig, Josva, Jehosadaks sønn, du yppersteprest, vær frimodig, alt landets folk, sier Herren, og arbeid! For jeg er med eder, sier Herren, hærskarenes Gud. 5 Den pakt jeg gjorde med eder da I drog ut av Egypten, skal stå fast, og min Ånd skal bo blandt eder; frykt ikke! 6 For sier Herren, hærskarenes Gud: Ennu én gang, om en liten stund, vil jeg ryste himmelen og jorden og havet og det tørre land. 7 Og jeg vil ryste alle folkene, og alle folkenes kostelige skatter skal komme hit, og jeg vil fylle dette hus med herlighet, sier Herren, hærskarenes Gud. 8 Mig hører sølvet, og mig hører gullet til, sier Herren, hærskarenes Gud. 9 Dette siste hus skal bli herligere enn det første, sier Herren, hærskarenes Gud; og dette sted vil jeg gi fred, sier Herren, hærskarenes Gud.

10 den fire og tyvende dag i den niende måned i Darius’annet år kom Herrens ord ved profeten Haggai, og det lød :

11 sier Herren, hærskarenes Gud: Spør prestene om loven og si: 12 Om nogen bærer hellig kjøtt i folden av sin kappe og med den kommer nær noget brød eller noget kokt eller vin eller olje eller noget slags mat, blir det da hellig? Prestene svarte: Nei. 13 sa Haggai: Om en som er blitt uren ved lik, kommer nær noget av dette, blir det da urent? Prestene svarte: Ja, det blir urent. 14 Da tok Haggai til orde og sa: Således er det med dette folk, og således er det med disse mennesker i mine øine, sier Herren, og således er det med all deres henders gjerning; og det de ofrer der, {alteret} det er urent. 15 Og gi nu akt tiden fra denne dag og tilbake, før det blev lagt sten sten i Herrens tempel! 16 Kom nogen i den tid til en haug med kornbånd som han tenkte skulde gi tyve mål, blev det bare ti; kom nogen til persekaret for å øse op femti spann, blev det bare tyve. 17 Jeg slo eder med kornbrand og rust og hagl i all eders henders gjerning; men I vendte eder ikke til mig, sier Herren. 18 Gi da akt tiden fra denne dag og tilbake, fra den fire og tyvende dag i den niende måned like til den dag da Herrens tempel blev grunnlagt! Gi akt! 19 Er det ennu sæd i kornboden? Ennu har hverken vintreet eller fikentreet eller granatepletreet eller oljetreet båret noget. Men fra denne dag vil jeg velsigne.

20 Og Herrens ord kom annen gang til Haggai den fire og tyvende dag i måneden, og det lød :

21 Si til Serubabel, stattholderen over Juda: Jeg vil ryste himmelen og jorden, 22 og jeg vil omstyrte kongerikers troner og tilintetgjøre hedningerikenes makt; jeg vil velte vognene og dem som kjører dem, og hestene skal styrte, og de som rider dem; den ene skal falle for den andres sverd. 23 den dag, sier Herren, hærskarenes Gud, vil jeg ta dig, Serubabel, Sealtiels sønn, min tjener, sier Herren, og gjøre med dig som med en signetring; for dig har jeg utvalgt, sier Herren, hærskarenes Gud.

Veja também

Ageu
Ver todos os capítulos de Ageu