Pular para o conteúdo
Publicidade

Zacarias 1

BIBEL1930

Die profeet spoor die Jode tot bekering aan.

1 IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die Here gekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, die profeet, en gesê:

2 Die Here was baie vertoornd op julle vaders.

3 So moet jy dan aan hulle : So spreek die Here van die leërskare: Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, die Here van die leërskare.

4 Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.

5 Julle vaders waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?

6 Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die Here van die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?

Eerste gesig: die perde.

7 OP die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die Here tot die profeet Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, gekom en gesê:

8 Ek het in die nag 'n gesig gesien daar was 'n man wat op 'n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.

9 Toe ek: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.

10 En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die Here gestuur het om die aarde te deurkruis.

11 Daarop het hulle die Engel van die Here, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.

12 Daarop het die Engel van die Here aangehef en gesê: Here van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?

13 Toe antwoord die Here die engel wat met my gespreek het, goeie woorde, troosvolle woorde.

14 Daarop die engel wat met my gespreek het: Roep en : So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met 'n groot ywer;

15 maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek 'n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.

16 Daarom, so die Here: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die Here van die leërskare, en 'n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.

17 Roep verder en : So spreek die Here van die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die Here sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.

Tweede gesig: die horings en die smede.

18 EN ek het my opgeslaan en gekyk daar was vier horings.

19 Toe ek aan die engel wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En hy antwoord my: Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.

20 Daarop toon die Here my vier smede.

21 Toe ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en : Dit is die horings wat Juda verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdie manne het gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werp wat die horing teen die land van Juda opgesteek het om dit te verstrooi.

1 I den åttende måned i Darius’annet år kom Herrens ord til profeten Sakarias, sønn av Berekias, sønn av Iddo, og det lød : 2 Stor var Herrens vrede mot eders fedre. 3 Og du skal si til dem: sier Herren, hærskarenes Gud: Vend om til mig, sier Herren, hærskarenes Gud, vil jeg vende om til eder, sier Herren, hærskarenes Gud. 4 Vær ikke lik eders fedre, som de forrige profeter formante med disse ord: sier Herren, hærskarenes Gud: Vend om fra eders onde veier og eders onde gjerninger! Men de hørte ikke og aktet ikke mig, sier Herren. 5 Eders fedre, hvor er de? Og profetene, kan de leve til evig tid? 6 Men mine ord og mine råd, som jeg bød mine tjenere profetene å forkynne, har ikke de nådd eders fedre, de vendte om og sa: Som Herren, hærskarenes Gud, hadde i sinne å gjøre med oss efter våre veier og våre gjerninger, således har han gjort med oss?

7 den fire og tyvende dag i den ellevte måned, det er måneden sebat, i Darius’annet år, kom Herrens ord til profeten Sakarias, sønn av Berekias, sønn av Iddo, og det lød :

8 Jeg hadde et syn om natten: Jeg en mann som red en rød hest, og han holdt stille blandt myrtetrærne i dalbunnen; og bak ham var det røde, blakke og hvite hester. 9 Da sa jeg: Hvad er dette, herre? Og engelen som talte med mig, sa til mig: Jeg vil la dig se hvad dette er. 10 Da tok mannen som holdt stille blandt myrtetrærne, til orde og sa: Dette er de som Herren har sendt ut for å fare omkring jorden. 11 Og de svarte Herrens engel, som holdt stille blandt myrtetrærne, og sa: Vi har faret omkring jorden og sett at hele jorden er rolig og stille. 12 Da tok Herrens engel til orde og sa: Herre, hærskarenes Gud! Hvor lenge skal det vare før du forbarmer dig over Jerusalem og Judas byer, som du har vært vred nu i sytti år?

13 Og Herren svarte engelen som talte med mig, gode og trøstefulle ord. 14 Og engelen som talte med mig, sa til mig: Rop ut disse ord: sier Herren, hærskarenes Gud: Jeg er såre nidkjær for Jerusalem og Sion, 15 og såre vred er jeg de trygge hedningefolk; for jeg var bare litt vred, men de hjalp med til ulykken. 16 Derfor sier Herren : Jeg vender mig atter til Jerusalem med miskunnhet; mitt hus skal bygges der, sier Herren, hærskarenes Gud, og målesnoren skal strekkes ut over Jerusalem. 17 Rop atter og si: sier Herren, hærskarenes Gud: Ennu en gang skal mine byer flyte over av det som godt er, og Herren skal ennu en gang trøste Sion og ennu en gang utvelge Jerusalem.

18 Og jeg løftet mine øine op og fikk se fire horn.

19 Da spurte jeg engelen som talte med mig: Hvad er dette? Og han sa til mig: Dette er de horn som har adspredt Juda, Israel og Jerusalem. 20 lot Herren mig se fire smeder. 21 Da spurte jeg: Hvad kommer disse her for? Han svarte: Hornene har adspredt Juda, således at ingen vågde å løfte sitt hode, og nu er disse kommet for å forferde dem og slå av hornene de hedningefolk som har løftet horn mot Juda land for å adsprede det.

Veja também