Pular para o conteúdo
Publicidade

Ezequiel 25

BIBEL1930

Teen die Ammoniete.

1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, rig jou aangesig teen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.

3 En aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here Here. So spreek die Here Here: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het

4 daarom, kyk, Ek gee jou oor aan die kinders van die Ooste as 'n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.

5 En Ek sal Rabba 'n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon 'n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die Here is.

6 Want so die Here Here: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel

7 daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die Here is.

Teen die Moabiete.

8 SO spreek die Here Here: Omdat Moab en Seïr : Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies

9 daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land: Bet-Jésimot, Baäl-Méon en tot Kirjatáim toe;

10 aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.

11 Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die Here is.

Teen die Edomiete.

12 SO die Here Here: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het

13 daarom, so die Here Here: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit 'n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.

14 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here Here.

Teen die Filistyne.

15 SO die Here Here: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap

16 daarom, so die Here Here: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.

17 En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my wraak oor hulle bring.

1 Og Herrens ord kom til mig, og det lød : 2 Menneskesønn! Vend ditt åsyn mot Ammons barn og spå mot dem! 3 Si til Ammons barn: Hør Herrens, Israels Guds ord! sier Herren, Israels Gud: Fordi du ropte: Ha, ha! over min helligdom, som er blitt vanhelliget, og over Israels land, som er blitt ødelagt, og over Judas hus, som er ført bort i fangenskap, 4 se, derfor vil jeg la ¥stens sønner dig til eie, og de skal slå op sine teltleire i dig og sette op sine boliger i dig; de skal ete din frukt og drikke din melk. 5 Og jeg vil gjøre Rabba til beitemark for kameler og Ammons barns land til hvileplass for småfe, og I skal kjenne at jeg er Herren. 6 For sier Herren, Israels Gud: Fordi du klappet i hendene og stampet med føttene og gledet dig med dyp forakt av hele ditt hjerte over Israels land, 7 se, derfor rekker jeg min hånd ut imot dig og gir dig til føde for folkene; jeg utrydder dig av folkene og utsletter dig av landene; jeg vil gjøre dig til intet, og du skal kjenne at jeg er Herren.

8 sier Herren, Israels Gud: Fordi Moab og Se’r sa: Se, det er gått med Judas hus som med alle de andre folk,

9 se, derfor vil jeg åpne Moabs side helt fra byene, {de. grensebyene} fra dets byer alle kanter, den fagreste del av landet, Bet-Jesimot, Ba’l-Meon og like til Kirjata’m, 10 ¥stens sønner kan slippe inn, likesom jeg vil gjøre med Ammons barns land, {de. likesom jeg og åpner Ammons barns land for dem} som jeg gir dem til eie, forat Ammons barns land ikke mere skal kommes i hu blandt folkene. 11 Jeg vil holde dom over Moab, og de skal kjenne at jeg er Herren. 12 sier Herren, Israels Gud: Fordi Edom tok hevn over Judas hus og førte skyld over sig ved å hevne sig dem,

13 derfor sier Herren, Israels Gud, : Jeg vil rekke min hånd ut imot Edom og utrydde der både folk og fe, og jeg vil gjøre det til en ørken helt fra Teman, og like til Dedan skal de falle for sverdet. 14 Og jeg vil fullbyrde min hevn Edom ved mitt folk Israels hånd, og de skal gjøre med Edom efter min vrede og harme, og de skal kjenne min hevn, sier Herren, Israels Gud. 15 sier Herren, Israels Gud: Fordi filistrene tok hevn, fordi de hevnet sig med forakt av hele sitt hjerte for å ødelegge grunn av eldgammelt fiendskap,

16 derfor sier Herren, Israels Gud, : Se, jeg rekker min hånd ut imot filistrene og utrydder kreterne og utsletter det som er igjen ved havets strand. 17 Jeg vil ta stor hevn over dem og tukte dem i min vrede, og de skal kjenne at jeg er Herren, når jeg fullbyrder min hevn dem.

Veja também