Pular para o conteúdo
Publicidade

Provérbios 8

BIBEL1930

Die uitnemendheid van die Wysheid.

1 ROEP die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

2 Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,

3 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:

4 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.

5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

6 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.

8 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.

11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

13 Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.

14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.

15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

16 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

17 Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.

18 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.

19 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.

20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

21 om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.

Die Wysheid bestaan van ewigheid af.

22 DIE Here het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;

26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het

30 toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

32 Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

33 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

35 Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die Here.

36 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.

1 Hør, visdommen roper, og forstanden lar sin røst høre. 2 Oppe hauger ved veien står hun, der hvor stiene møtes; 3 ved siden av portene, ved byens utgang, i inngangen til portene roper hun høit: 4 Til eder, I menn, roper jeg, og min røst lyder til menneskenes barn. 5 Lær klokskap, I enfoldige, og lær forstand, I uforstandige! 6 Hør! Om store ting taler jeg, og jeg oplater mine leber med rettvishet; 7 min tunge taler sannhet, og ugudelighet er en vederstyggelighet for mine leber. 8 Alle min munns ord er rette, det er intet falskt eller vrangt i dem. 9 De er alle sammen likefremme for den forstandige og rette for dem som har funnet kunnskap. 10 Ta imot min tilrettevisning istedenfor sølv, og ta imot kunnskap fremfor utsøkt gull! 11 For visdom er bedre enn perler, og ingen skatt kan lignes med den.

12 Jeg, visdommen, har klokskap i eie, og jeg forstår å finne kloke råd.

13 frykte Herren er å hate ondt; stolthet og overmot, ond ferd og en falsk munn hater jeg. 14 Mig tilhører råd og sann innsikt, jeg er forstand, mig hører styrke til. 15 Ved mig regjerer kongene, og ved mig fastsetter fyrstene hvad rett er. 16 Ved mig styrer herskerne og høvdingene, alle dommere jorden. 17 Jeg elsker dem som elsker mig, og de som søker mig, skal finne mig. 18 Hos mig er rikdom og ære, gammelt arvegods og rettferdighet. 19 Min frukt er bedre enn gull, ja det fineste gull, og den vinning jeg gir, er bedre enn utsøkt sølv. 20 rettferds vei vandrer jeg, midt rettens stier; 21 derfor gir jeg dem som elsker mig, sann rikdom til arv og fyller deres forrådskammere.

22 Herren skapte mig som sitt første verk, før sine andre gjerninger, i fordums tid.

23 Fra evighet er jeg blitt til, fra først av, før jorden var. 24 Da avgrunnene ennu ikke var til, blev jeg født, da der ennu ikke fantes kilder fylt med vann. 25 Før fjellene blev senket ned, før haugene blev til, blev jeg født, 26 før han hadde skapt jord og mark og jorderikes første muldklump. 27 Da han bygget himmelen, var jeg der, da han slo hvelving over avgrunnen. 28 Da han festet skyene oventil, da han bandt avgrunnens kilder, 29 da han satte grense for havet, vannene ikke går lenger enn han byder, da han la jordens grunnvoller(-) 30 da var jeg verksmester hos ham, og jeg var hans lyst dag efter dag, jeg lekte alltid for hans åsyn; 31 jeg lekte hele hans vide jord, og min lyst hadde jeg i menneskenes barn.

32 Og nu, barn, hør mig! Salige er de som følger mine veier.

33 Hør min tilrettevisning og bli vise og forakt den ikke! 34 Salig er det menneske som hører mig, han våker ved mine dører dag efter dag og vokter mine dørstolper. 35 For den som finner mig, finner livet og får nåde hos Herren. 36 Men den som ikke finner mig, skader sig selv; alle de som hater mig, elsker døden.

Veja também