Pular para o conteúdo
Publicidade

Provérbios 14

BIBEL1930

1 DIE wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.

2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die Here; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

3 In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

5 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.

6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

7 Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

9 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.

11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

12 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.

14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.

15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.

16 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.

17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.

18 Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.

19 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.

20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.

21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.

23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.

25 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.

26 In die vrees van die Here 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.

27 Die vrees van die Here is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.

28 In die menigte van die volk die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.

29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

30 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.

31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.

32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.

33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.

34 Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.

35 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.

1 Kvinners visdom bygger sitt hus, men dårskap river det ned med sine hender.

2 Den som vandrer i opriktighet, frykter Herren; men den som går krokveier, forakter ham.

3 I dårens munn er et ris for hans overmot, men de vises leber er deres vern.

4 Hvor det ingen okser er, der er krybben tom; men rikelig vinning kommer ved oksens kraft.

5 Trofast vidne lyver ikke, men den som taler løgn, er et falskt vidne.

6 Spotteren søker visdom, men finner den ikke; men for den forstandige er kunnskap lett å vinne.

7 Når du går fra en dåre, har du ikke funnet forstand hans leber.

8 Den klokes visdom er at han forstår sin vei, men dårers dårskap er at de bedrar sig selv.

9 Dårer spottes av sitt eget skyldoffer, men blandt de opriktige råder Guds velbehag.

10 Hjertet kjenner sin egen bitre smerte, og i dets glede blander ingen fremmed sig.

11 De ugudeliges hus skal ødelegges, men de opriktiges telt skal blomstre.

12 Mangen vei tykkes en mann rett, men enden det er dødens veier.

13 Endog under latter har hjertet smerte, og enden gleden er sorg.

14 Av sin ferd skal den frafalne mettes, og en god mann holder sig borte fra ham.

15 Den enfoldige tror hvert ord, men den kloke akter sine skritt.

16 Den vise frykter og holder sig fra det onde, men dåren er overmodig og trygg.

17 Den bråsinte gjør dårskap, og en svikefull mann blir hatet.

18 De enfoldige har fått dårskap i arv, men de kloke krones med kunnskap.

19 De onde bøie sig for de gode, og de ugudelige ved den rettferdiges porter.

20 Endog av sin venn blir den fattige hatet; men de som elsker en rik, er mange.

21 Den som forakter sin næste, synder; men salig er den som ynkes over arminger.

22 Skal ikke de fare vill som tenker ut det som ondt er? Men miskunnhet og trofasthet times dem som optenker godt.

23 Ethvert møiefullt arbeid gir vinning, men tomt snakk fører bare til tap.

24 De vises rikdom er deres krone, men dårenes dårskap er og blir dårskap.

25 Et sanndru vidne frelser liv, men den som taler løgn, er full av svik.

26 Den som frykter Herren, har et sterkt vern, og for hans barn skal Herren være en tilflukt.

27 frykte Herren er en livsens kilde, en slipper fra dødens snarer.

28 Meget folk er kongens ære, men mangel folk er fyrstens fall.

29 Den langmodige har stor forstand, men den bråsinte viser stor dårskap.

30 Et saktmodig hjerte er legemets liv, men hissighet er råttenhet i benene.

31 Den som trykker en arming, håner hans skaper, men den som har medynk med den fattige, ærer skaperen.

32 Når ulykken rammer den ugudelige, kastes han over ende; men den rettferdige er frimodig i døden.

33 I den forstandiges hjerte holder visdommen sig stille, men i dårers indre gir den {den visdom de har, de. deres dårskap.} sig til kjenne.

34 Rettferdighet ophøier et folk, men synden er folkenes vanære.

35 En klok tjener vinner kongens yndest, men over en dårlig tjener kommer hans vrede.

Veja também