Pular para o conteúdo
Publicidade

Provérbios 5

BIBEL1930

Waarskuwing teen die ontugtige vrou.

1 MY seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

2 dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;

3 want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

4 maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos 'n swaard aan weerskante skerp.

5 Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

7 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

10 sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van 'n uitlander kom nie

11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,

12 en moet : Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,

13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!

14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.

15 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.

16 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?

17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.

18 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug

19 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.

20 Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?

21 Want elke mens se weë is voor die van die Here, en Hy weeg al sy gange.

22 Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose, en in die vangstrikke van sy sonde word hy vasgehou.

23 Hy sal sterf deur gebrek aan tug, en deur die grootheid van sy dwaasheid sal hy dwaal.

1 Min sønn! Akt min visdom, bøi ditt øre til min forstand, 2 du kan gjemme kloke råd og dine leber bevare kunnskap! 3 For en fremmed kvinnes leber drypper av honning, og glattere enn olje er hennes tunge;

4 men til sist er hun besk som malurt, hvass som et tveegget sverd. 5 Hennes føtter går nedover til døden; hennes skritt fører like til dødsriket. 6 livets sti vil hun ikke vandre; hennes veier går hit og dit, uten at hun vet det. 7 hør nu mig, mine barn, og vik ikke fra min munns ord! 8 La din vei være langt fra henne, og kom ikke nær til døren hennes hus, 9 forat du ikke skal gi andre din pryd og en grusom herre dine år, 10 forat ikke fremmede skal mettes av din eiendom, og frukten av din møie komme i en annen manns hus, 11 du stønne i din siste stund, når din kropp og ditt kjøtt tæres bort, 12 Og du si: Hvorledes har jeg kunnet hate tukt, og hvorledes har mitt hjerte kunnet forakte tilrettevisning, 13 jeg ikke hørte dem som lærte mig, og ikke bøide mitt øre til dem som veiledet mig! 14 Nær var jeg kommet i den største ulykke midt i forsamlingen og menigheten.

15 Drikk av din egen brønn, drikk rinnende vann av din egen kilde!

16 Skulde vel dine kilder strømme ut gaten, dine bekker torvene? 17 La dem være for dig alene og ikke for fremmede sammen med dig! 18 Din kilde være velsignet, gled dig i din ungdoms hustru! 19 Den elskelige hind og den yndefulle stengjet! Hennes barm kvege dig til enhver tid, av hennes kjærlighet være du alltid drukken! 20 Hvorfor, min sønn, skulde du da være drukken av attrå efter en annen manns hustru og favne en fremmed kvinnes barm? 21 For en manns veier ligger åpne for Herrens øine, og Herren jevner alle hans stier. 22 Den ugudelige fanges i sine egne misgjerninger, og han holdes fast i sin egen synds snarer.

23 Han , fordi han ikke lot sig tukte, og for sin store dårskaps skyld tumler han og faller.

Veja também