1 MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
4 dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
5 Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
9 Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
10 dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
11 My seun, verag die tug van die Here nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
12 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
13 Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
14 want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
15 dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
16 In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
18 Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
19 Die Here het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
20 deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
21 My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
22 dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
25 Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
26 want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
27 Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
28 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het.
29 Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
30 Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
31 Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
32 Want die verkeerde is vir die Here 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
35 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
1 Min sønn! Glem ikke min lære og la ditt hjerte bevare mine bud! 2 For langt liv og mange leveår og fred skal de gi dig i rikt mål. 3 La ikke kjærlighet og trofasthet vike fra dig, bind dem om din hals, skriv dem på ditt hjertes tavle! 4 Så skal du finne nåde og få god forstand i Guds og menneskers øine. 5 Sett din lit til Herren av hele ditt hjerte, og stol ikke på din forstand!
6 Tenk på ham på alle dine veier! Så skal han gjøre dine stier rette.
7 Vær ikke vis i egne øine, frykt Herren og vik fra det onde!
8 Det skal være lægedom for din kropp og gi ny styrke til dine ben. 9 Ær Herren med gaver av ditt gods og med førstegrøden av all din avling! 10 Så skal dine lader fylles med overflod og dine persekar flyte over av most. 11 Min sønn! Forakt ikke Herrens tukt og vær ikke utålmodig når han refser dig!
12 For den Herren elsker, ham refser han, som en far refser den sønn han har kjær.
13 Salig er det menneske som har funnet visdom, det menneske som vinner forstand;
14 for det er bedre å vinne den enn å vinne sølv, og det utbytte den gir, er bedre enn gull. 15 Den er kosteligere enn perler, og alle dine skatter kan ikke lignes med den. 16 Langt liv har den i sin høire hånd, rikdom og ære i sin venstre. 17 Dens veier er fagre veier, og alle dens stier fører til lykke. 18 Den er et livsens tre for dem som griper den, og hver den som holder fast på den, må prises lykkelig. 19 Herren grunnfestet jorden med visdom; han bygget himmelen med forstand. 20 Ved hans kunnskap vellet de dype vann frem, og ved den lar skyene dugg dryppe ned.
21 Min sønn! La dem {visdom og klokskap.} ikke vike fra dine øine, bevar visdom og klokskap!
22 Så skal de være liv for din sjel og pryd for din hals. 23 Da skal du vandre din vei trygt og ikke støte din fot. 24 Når du legger dig, skal du ikke frykte, og når du har lagt dig, skal din søvn være søt. 25 Da trenger du ikke å være redd for uventet skrekk, eller for uværet når det kommer over de ugudelige! 26 For Herren skal være din tillit, og han skal bevare din fot fra å fanges.
27 Nekt ikke de trengende din hjelp, når det står i din makt å gi den!
28 Si ikke til din næste: Gå bort og kom igjen, jeg skal gi dig imorgen(-)når du kan gjøre det straks! 29 Legg ikke op onde råd mot din næste, når han kjenner sig trygg hos dig! 30 Trett ikke med et menneske uten årsak, når han ikke har gjort dig noget ondt!
31 Misunn ikke en voldsmann, og velg ikke nogen av alle hans veier!
32 For en falsk mann er en vederstyggelighet for Herren, men med de opriktige har han fortrolig samfund. 33 Herrens forbannelse er over den ugudeliges hus, men de rettferdiges bolig velsigner han.
34 Spotterne spotter han, men de ydmyke gir han nåde. 35 De vise arver ære, men dårene får skam til lønn.