1 'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
2 Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
3 Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
4 Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
6 In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
7 Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
8 Die offer van die goddelose is vir die Here 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
9 Die wandel van die goddelose is vir die Here 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
10 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
11 Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
12 Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
14 Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
15 Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
16 Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here, as 'n groot skat en onrus daarby.
17 Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
18 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
19 Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
20 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
21 Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
22 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
23 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
24 Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
25 Die Here ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
26 Die planne van die slegte is vir die Here 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
27 Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
28 Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
29 Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
30 Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
33 Die vrees van die Here is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
1 Mildt svar stiller harme, men et sårende ord vekker vrede.
2 De vises tunge gir god kunnskap, men dårenes munn lar dårskap strømme ut.
3 Herrens øine er allesteds, de ser både efter onde og efter gode.
4 En saktmodig tunge er et livsens tre, men en falsk tunge sårer hjertet.
5 Dåren forakter sin fars tukt, men den som akter på tilrettevisning, er klok.
6 I den rettferdiges hus er det meget gods, men den ugudeliges inntekt blir til ødeleggelse for ham.
7 De vises leber strør ut kunnskap, men dårenes sinn er ikke rett.
8 De ugudeliges offer er en vederstyggelighet for Herren, men de opriktiges bønn er ham til velbehag.
9 Den ugudeliges vei er en vederstyggelighet for Herren, men den som jager efter rettferdighet, elsker han.
10 Hård straff rammer den som forlater den rette sti; den som hater tilrettevisning, skal dø.
11 Dødsriket og avgrunnen ligger åpne for Herren, hvor meget mere da menneskenes hjerter!
12 En spotter liker ikke å bli irettesatt; til de vise går han ikke.
13 Et glad hjerte gjør åsynet lyst, men hjertesorg bryter motet ned.
14 Den forstandiges hjerte søker kunnskap, men dårers munn farer bare med dårskap.
15 Alle den ulykkeliges dager er onde, men et glad hjerte er et stadig gjestebud.
16 Bedre er lite med Herrens frykt enn en stor skatt med uro.
17 Bedre er en rett grønt med kjærlighet enn en fet okse med hat.
18 En hissig mann vekker trette men den langmodige stiller kiv.
19 Den lates vei er som en tornehekk, men de opriktiges vei er ryddet.
20 En vis sønn gleder sin far, men et uforstandig menneske forakter sin mor.
21 Dårskap er en glede for den som er uten forstand; men en forstandig mann går rett frem.
22 Planer blir til intet uten rådslagning; men hvor det er mange rådgivere, har de fremgang.
23 En mann gleder sig når hans munn kan gi svar, og hvor godt er ikke et ord i rette tid!
24 Den forstandige går livets vei opover for å undgå dødsriket der nede.
25 Herren river ned de overmodiges hus, men enkens markskjell lar han stå fast.
26 Den ondes råd er en vederstyggelighet for Herren, men milde ord er rene for ham.
27 Den som jager efter vinning, setter sitt hus i ulag, men den som hater gaver, {de. bestikkelse} skal leve.
28 Den rettferdige tenker i sitt hjerte på hvorledes han skal svare, men de ugudeliges munn lar onde ting strømme ut.
29 Herren er langt borte fra de ugudelige, men de rettferdiges bønn hører han.
30 ¥inenes lys {de. et vennlig blikk.} gleder hjertet; godt budskap gir benene marg.
31 Den hvis øre hører på tilrettevisning til livet, dveler gjerne blandt vise.
32 Den som ikke vil vite av tukt, forakter sitt liv, men den som hører på tilrettevisning, vinner forstand.
33 Herrens frykt er tukt til visdom, og ydmykhet går forut for ære.