Die feesmaal van die Wysheid.
1 DIE Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
2 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
3 Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
5 Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
7 Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
8 Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
11 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
14 en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
15 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
16 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
18 Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.
1 Visdommen har bygget sitt hus, hun har hugget til sine syv stolper. 2 Hun har slaktet sitt slaktefe, blandet sin vin og dekket sitt bord; 3 hun har sendt ut sine piker, hun roper oppe fra byens høider: 4 Den som er enfoldig, han vende sig hit! Til den som er uten forstand, sier hun: 5 Kom, et av mitt brød og drikk av den vin jeg har blandet! 6 Opgi eders uforstand, så skal I leve, og gå bent frem på forstandens vei! 7 Den som refser en spotter, henter sig selv vanære, og den som viser en ugudelig til rette, får skam av det. 8 Vis ikke spotteren til rette, forat han ikke skal hate dig! Vis den vise til rette, så skal han elske dig. 9 Lær den vise, så blir han ennu visere, lær den rettferdige, så går han frem i lærdom. 10 frykte Herren er begynnelsen til visdom, og å kjenne den Hellige er forstand. 11 For ved mig skal dine dager bli mange, og leveår skal gis dig i rikt mål. 12 Er du vis, så er du vis til ditt eget gagn, og er du en spotter, skal du alene lide for det.
13 Dårskapen er en kåt kvinne, bare uforstand og uvitenhet.
14 Hun sitter foran døren til sitt hus på en trone på en høide i byen 15 for å rope til dem som går forbi på veien, som vandrer bent frem på sine stier: 16 Den som er enfoldig, han vende sig hit! Til den som er uten forstand, sier hun: 17 Stjålet vann er søtt, og brød som etes i lønndom, smaker herlig. 18 Men han vet ikke at der bor dødningene, at hennes gjester er i dødsrikets dyp.