Verkry wysheid en vermy die goddeloosheid.
1 HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
2 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
3 Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
4 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
9 Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.
10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
12 as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
13 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
14 Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
15 Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
16 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
17 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
18 Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
19 is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
20 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,
27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
1 Hør, mine barn, på en fars tilrettevisning og gi akt, så I kan lære klokskap! 2 For en god lærdom gir jeg eder; mine bud må I ikke forlate. 3 For da jeg var sønn hjemme hos min far, da jeg var liten og min mors eneste barn, 4 da lærte han mig og sa til mig: La ditt hjerte holde fast ved mine ord, bevar mine bud, så skal du leve. 5 Kjøp visdom, kjøp forstand, glem ikke og vik ikke fra min munns ord! 6 Forlat den ikke, så skal den vokte dig; elsk den, så skal den være ditt vern. 7 Begynnelsen til visdom er: Kjøp visdom, ja, kjøp forstand for alt ditt gods! 8 Ophøi den, så skal den ophøie dig; den skal gjøre dig ære, når du favner den. 9 Den skal sette en fager krans på ditt hode; den skal rekke dig en herlig krone. 10 Hør, min sønn, og ta imot mine ord, så skal dine leveår bli mange. 11 Om visdoms vei lærer jeg dig, jeg leder dig på rettvishets stier. 12 Når du går, skal intet hindre dine skritt, og når du løper, skal du ikke snuble. 13 Hold fast ved min tilrettevisning, slipp den ikke! Bevar den, for den er ditt liv.
14 På de ugudeliges sti må du ikke komme og ikke følge de ondes vei.
15 Sky den, følg den ikke, vik fra den og gå forbi! 16 For de får ikke sove uten de har gjort noget ondt, og søvnen tas fra dem om de ikke har ført nogen til fall. 17 For de eter ugudelighets brød og drikker voldsgjernings vin. 18 Men de rettferdiges sti er lik et strålende lys, som blir klarere og klarere til det er høilys dag. 19 De ugudeliges vei er som det dype mørke; de vet ikke hvad de snubler over.
20 Min sønn! Akt på mine ord, bøi ditt øre til min tale!
21 La dem ikke vike fra dine øine, bevar dem dypt i ditt hjerte! 22 For de er liv for hver den som finner dem, og lægedom for hele hans legeme. 23 Bevar ditt hjerte fremfor alt det som bevares; for livet utgår fra det.
24 Hold dig fra svikefulle ord, og la falske leber være langt fra dig! 25 La dine øine se bent frem og dine øielokk vende rett frem for dig! 26 Gjør din fots sti jevn, og la alle dine veier være rette! 27 Bøi ikke av til høire eller til venstre, vend din fot fra det onde!