Die erfdeel van Efraim.
1 EN die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, na die woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;
2 verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Átarot;
3 dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.
4 So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, 'n erfdeel ontvang.
5 En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte — die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;
6 dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: Mígmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na Táänat-Silo en loop oos daarvan oor na Janóag;
7 en van Janóag loop dit af na Átarot en Náharat en raak dan aan Jérigo en loop op die Jordaan uit.
8 Van Tappúag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte;
9 en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.
10 Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.
1 Den lodd som tilfalt Josefs barn, gikk fra Jordan ved Jeriko, østenom vannet ved Jeriko, gjennem ørkenen som stiger fra Jeriko opover fjellene til Betel. 2 Fra Betel gikk grensen frem til Luz og videre bort til arkittenes land, til Atarot, 3 tok så vestover ned til jafletittenes land, til Nedre-Bet-Horons landemerke og til Geser og endte ute ved havet. 4 Dette var den arv som Josefs barn, Manasse og Efra’m, fikk.
5 Efra’ms barns land efter deres ætter lå således til: Mot øst gikk grensen for deres arvelodd over Atrot-Addar frem til ¥vre-Bet-Horon
6 og endte ute ved havet. Mot nord gikk grensen over Mikmetat og bøide sig mot øst til Ta’nat-Silo og holdt frem østover til Janoah. 7 Fra Janoah tok den så ned til Atarot og Na’ra, rørte ved Jeriko og endte ved Jordan. 8 Fra Tappuah gikk grensen vestover til Kana-bekken og endte ute ved havet. Dette var den arvelodd som Efra’ms barns stamme fikk efter sine ætter, 9 dessuten de byer som blev utskilt for Efra’ms barn inne i Manasses barns arvelodd, både byene og de tilhørende landsbyer. 10 Men de drev ikke bort de kana’nitter som bodde i Geser; kana’nittene blev boende blandt Efra’ms barn, som de gjør den dag idag, men blev arbeidspliktige træler.