Pular para o conteúdo
Publicidade

Josué 18

BIBEL1930

Verdere verdeling van die land.

1 DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.

2 Maar daar was onder die kinders van Israel nog sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.

3 Toe Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die Here, die God van julle vaders, aan julle gegee het?

4 Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die land deurgaan en dit beskrywe met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom

5 en dit onder mekaar in sewe dele verdeel: Juda moet sy gebied in die suide behou, en die huis van Josef moet sy gebied in die noorde behou.

6 Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die Here onse God.

7 Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die Here hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die Here, hulle gegee het.

8 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die Here in Silo.

9 En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.

10 Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die Here; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.

Die erfdeel van Benjamin.

11 EN die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;

12 en hulle lyn aan die noordekant was: van die Jordaan af; dan loop die lyn op na die noordelike hang van Jérigo, en dit loop op in die gebergte in westelike rigting en loop dood by die woestyn van Bet-Awen;

13 en daarvandaan loop die lyn oor na Lus, na die suidelike hang van Lus, dit is Bet-el; verder loop die lyn af na Atrot-Addar, op die gebergte wat suid van Bet-Horon-Onder;

14 dan buig die lyn om en swaai na die westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon ; verder loop dit dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van Juda; dit is die westekant;

15 en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Jeárim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftóag;

16 dan loop die lyn af na die uiteinde van die berg wat teenoor die dal Ben-Hinnom, noordelik in die dal van die Refaïete ; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;

17 verder buig dit noord om en loop aan na die fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van Adúmmim , en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;

18 dan gaan dit oor na die hang teenoor die Áraba in noordelike rigting en loop af na die Áraba;

19 verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn;

20 en die Jordaan begrens dit aan die oostekant. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle geslagte, volgens sy lyne rondom.

21 En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,

22 en Bet-Áraba en Semaráim en Bet-el,

23 en Haäwim en Para en Ofra,

24 en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;

25 Gíbeon en Rama en Béërot,

26 en Mispe en Kefíra en Mosa,

27 en Rekem en Jírpeël en Táreala,

28 en Sela, Elef en Jebúsi, dit is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.

1 Og hele Israels barns menighet samlet sig i Silo og reiste der sammenkomstens telt; og landet undertvunget foran dem.

2 Men det var ennu syv stammer tilbake blandt Israels barn som ikke hadde delt sin arv.

3 Da sa Josva til Israels barn: Hvor lenge vil I ennu dryge før I drar avsted og inntar det land Herren, eders fedres Gud, har gitt eder? 4 Kom nu med tre menn for hver stamme! vil jeg sende dem ut, og de skal gjøre sig rede og igjennem landet og skrive op det de ser, for utskiftningens skyld, og komme tilbake til mig. 5 Del det mellem eder i syv deler! Juda skal bli i sitt land mot syd, og Josefs hus skal bli i sitt land mot nord. 6 Og I skal skrive op alt det som er i landet, i syv deler, og komme hit til mig med det I har skrevet; vil jeg kaste lodd for eder her, for Herrens, vår Guds åsyn. 7 For levittene får ingen del blandt eder, men Herrens prestedømme er deres arv; og Gad og Ruben og den halve Manasse stamme har fått sin arv østsiden av Jordan(-)den arv som Moses, Herrens tjener, gav dem. 8 gjorde mennene sig rede og gikk; og da de drog avsted, bød Josva dem å skrive op alt det de i landet; han sa: avsted og dra omkring i landet og skriv op alt det I ser der, og kom tilbake til mig! vil jeg kaste lodd for eder for Herrens åsyn her i Silo.

9 gikk da mennene avsted og drog gjennem landet og skrev op det de der, by for by, i en bok i syv deler; derefter kom de tilbake til Josva i leiren ved Silo. 10 Og Josva kastet lodd for dem i Silo for Herrens åsyn; der skiftet Josva landet mellem Israels barn efter deres ættegrener.

11 Først kom loddet ut for Benjamins barns stamme efter deres ætter; og det land som blev deres lodd, kom til å ligge mellem Judas barn og Josefs barn.

12 Og deres grense nordsiden gikk ut fra Jordan og drog sig opover til fjellryggen i nord for Jeriko og derefter vestover op i fjellet og frem til ørkenen ved Bet-Aven. 13 Derfra gikk grensen over til Luz, til fjellryggen i syd for Luz, det er Betel; og gikk grensen ned til Atrot-Addar over det fjell som ligger sønnenfor Nedre-Bet-Horon. 14 gjorde grensen en sving og bøide sig vestsiden mot syd fra det fjell som ligger rett i syd for Bet-Horon, og den endte ved Kirjat-Bal, det er Kirjat-Jearim, en by som tilhørte Judas barn. Dette var vestsiden. 15 sydsiden gikk grensen fra enden av Kirjat-Jearim(-)der var det grensen begynte i vest(-)og frem til Neftoah-vannets kilde. 16 gikk grensen ned til enden av det fjell som ligger midt imot Hinnoms sønns dal, nordenfor Refa’m-dalen, og ned i Hinnoms dal, i syd for jebusittenes fjellrygg, og derefter ned til En-Rogel. 17 svinget den mot nord og gikk frem til En-Semes og videre til Gelilot, som ligger midt imot Adummim-skaret, og ned til den sten som har navn efter Bohan, Rubens sønn. 18 Der tok den over til den fjellrygg som ligger rett i nord for Ha’raba, og gikk derefter ned til Ha’raba. 19 tok grensen over til nordsiden av fjellryggen ved Bet-Hogla og endte ved den nordlige bukt av Salthavet, ved Jordans sydende. Dette var sydgrensen. 20 østsiden var Jordan grensen. Dette var Benjamins barns arvelodd med dens grenser rundt omkring, efter deres ætter. 21 Og de byer som tilfalt Benjamins barns stamme efter deres ætter, var: Jeriko og Bet-Hogla og Emek-Kesis 22 og Bet-Haraba og Semara’m og Betel 23 og Ha’vvim og Happara og Ofra 24 og Kefar-Hammoni og Haofni og Geba(-)tolv byer med tilhørende landsbyer; 25 Gibeon og Rama og Be’rot 26 og Mispe og Hakkefira og Hammosa 27 og Rekem og Jirpe’l og Tarala 28 og Sela, Haelef og Jebus, det er Jerusalem, Gibat, Kirjat-fjorten byer med tilhørende landsbyer. Dette var Benjamins barns arvelodd efter deres ætter.

Veja também