Pular para o conteúdo
Publicidade

Josué 13

BIBEL1930

Verdeling van die land oos van die Jordaan.

1 EN toe Josua oud en ver op sy dae was, het die Here vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.

2 Dit is die land wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete,

3 van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Áskelon, dié van Gat en dié van Ekron, en die Awiete

4 in die suide; die hele land van die Kanaäniete en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;

5 en die land van die Gibliete en die hele Líbanon aan die oostekant, van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by die ingang na Hamat.

6 Al die bewoners van die gebergte, van die Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe; laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het.

7 Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.

8 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die Here, dit aan hulle gegee het:

9 van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier , die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van Medéba af tot by Dibon;

10 en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;

11 en Gílead en die grondgebied van die Gesuriete en Maägatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka;

12 die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Ástarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe).

13 Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.

14 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die Here, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.

15 En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;

16 sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier , die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;

17 Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld , Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon

18 en Jahas en Kedémot en Mefáät;

19 en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,

20 en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;

21 en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.

22 By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.

23 So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

24 En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;

25 sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Ároër wat teenoor Rabba ,

26 van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir;

27 en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.

28 Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

29 Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte

30 hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;

31 en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.

32 Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;

33 maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die Here, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het.

1 Da Josva var blitt gammel og kommet langt ut i årene, sa Herren til ham: Nu er du blitt gammel og kommet langt ut i årene, men ennu står det en meget stor del av landet igjen som skal inntas. 2 Dette er det land som står igjen: Alle filistrenes bygder og hele gesuritter-landet; 3 for alt som ligger mellem Sihor østenfor Egypten og Ekrons landemerke mot nord, skal regnes til kana’nittene, både de fem filisterfyrster i Gasa og Asdod og Askalon og Gat og Ekron, og avittene. 4 Fremdeles i syd hele kana’nittenes land, og Meara, som hører sidonierne til, like til Afek, til amorittenes landemerke, 5 og giblittenes land og hele Libanon mot øst, fra Ba’l-Gad ved foten av Hermon-fjellet like til Hamat-veien, 6 alle de som bor i fjellbygdene, fra Libanon til Misrefot-Mam, alle sidonierne. Jeg vil selv drive dem bort for Israels barn; men del du landet ut ved loddkasting til arv for Israel, således som jeg har befalt dig!

7 skift nu dette land ut til arv for de ni stammer og den halve del av Manasse stamme!

8 Sammen med Manasse {andre halvdelen av Manasse stamme.} hadde rubenittene og gadittene fått sin arv, som Moses gav dem østsiden av Jordan, således som Moses, Herrens tjener, gav dem den: 9 fra Aroer, som ligger ved bredden av Arnon-åen, og fra den by som ligger midt i dalen, og hele sletten ved Medba like til Dibon, 10 og alle de byer som tilhørte Sihon, amoritter-kongen, som regjerte i Hesbon, like til Ammons barns landemerke, 11 og Gilead og gesurittenes og ma’katittenes land og hele Hermonfjellet og hele Basan like til Salka(-) 12 hele det rike som tilhørte Og i Basan, han som regjerte i Astarot og Edre'; han var den siste som var tilbake av refa’ttene, og Moses slo dem og drev dem bort. 13 Men Israels barn drev ikke bort gesurittene og ma’katittene, og Gesur og Ma’kat er blitt boende blandt Israel til denne dag. 14 Bare Levi stamme gav han ingen arv; Herrens, Israels Guds ildoffer er hans arv, således som han hadde sagt til ham. 15 Først gav Moses Rubens barns stamme arv efter deres ætter.

16 De fikk landet fra Aroer, som ligger ved bredden av Arnon-åen, og fra den by som ligger midt i dalen, og hele sletten ved Medba, 17 Hesbon og alle tilhørende byer, som ligger sletten: Dibon og Bamot-Bal og Bet-Bal-Meon 18 og Jahsa og Kedemot og Mefa’t 19 og Kirjata’m og Sibma og Seret-Hassahar fjellet i dalen 20 og Bet-Peor og Pisga-liene og Bet-Hajesimot 21 og alle byene sletten og hele det rike som tilhørte Sihon, amoritter-kongen, som regjerte i Hesbon(-)det var ham Moses slo samme tid som han slo midianitterfyrstene Evi og Rekem og Sur og Hur og Reba, som var Sihons underkonger og bodde der i landet. 22 Også Bileam, Beors sønn, spåmannen, slo Israels barn ihjel med sverdet sammen med de andre som de slo ihjel.

23 Og Rubens barns grense var Jordan og landet langsmed den. Dette var Rubens barns arv efter deres ætter, byene med tilhørende landsbyer. 24 gav Moses Gads stamme(-)Gads barn(-)arv efter deres ætter. 25 Det land de fikk, var Jaser og alle byene i Gilead og halvdelen av Ammons barns land helt til Aroer, som ligger midt imot Rabba, 26 fra Hesbon til Ramat-Hammispe og Betonim og fra Mahana’m til Debirs landemerke, 27 og i dalen fikk de Bet-Haram og Bet-Nimra og Sukkot og Safon, resten av det rike som hadde tilhørt Sihon, kongen i Hesbon, med Jordan og landet langsmed den inntil enden av Kinneret-sjøen, østsiden av Jordan. 28 Dette var Gads barns arv efter deres ætter, byene med tilhørende landsbyer. 29 gav Moses den halve Manasse stamme arv, at de og-den ene halvdel av Manasse barns stamme(-)fikk arv efter sine ætter.

30 Det land de fikk, strakte sig fra Mahana’m over hele Basan(-)hele det rike som hadde tilhørt Og, kongen i Basan-både alle Ja’rs teltbyer, som ligger i Basan, seksti byer, 31 og halvdelen av Gilead, og Astarot og Edre', byer i det rike som hadde tilhørt Og i Basan; alt dette fikk Manasses sønn Makirs barn(-)den ene halvdel av Makirs barn(-)efter sine ætter. 32 Dette var det som Moses delte ut til arv Moabs ødemarker østsiden av Jordan, midt imot Jeriko. 33 Men til Levi stamme gav Moses ingen arv; Herren, Israels Gud, er deres arv, således som han hadde sagt til dem.

Veja também