Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Samuel 23

BIBEL1930

Laaste woorde van Dawid.

1 EN dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Ísai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel:

2 Die Gees van die Here spreek in my, en sy woord is op my tong.

3 Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,

4 is soos die môrelig by sonsopgang, 'n môre sonder wolke as deur die glans die reën grasspruitjies uit die aarde uitkom.

5 Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?

6 Maar deugniete, hulle almal is soos weggegooide dorings, want 'n mens vat dit nie met die hand nie;

7 en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself met 'n yster of die steel van 'n spies, en met vuur word hulle op daardie plek heeltemal verbrand.

Dawid se vernaamste helde.

8 DIT is die name van die helde wat Dawid gehad het: Joseb-Bassebet, 'n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino, die Esniet, teen agthonderd wat op een keer gesneuwel het.

9 En hom was Eleásar, die seun van Dodo, die Ahohiet, onder die drie helde by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van Israel weggetrek het,

10 het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die Here daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.

11 En hom was Samma, die seun van Age, die Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar 'n stuk land was vol lensies en die volk vir die Filistyne gevlug het,

12 het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die Here 'n groot oorwinning bewerk het.

13 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl 'n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.

14 En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

15 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

16 Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die Here uitgegiet

17 en gesê: Dit is ver van my, Here, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.

18 En Abísai, die broer van Joab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie.

19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.

20 Verder Benája, die seun van Jójada, 'n sterk man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.

21 Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

22 Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.

23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

24 Ásahel, die broer van Joab, was onder die dertig; Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

25 Samma, die Harodiet; Elíka, die Harodiet;

26 Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet;

27 Abiëser, die Anatotiet; Mebunnái, die Husatiet;

28 Salmon, die Ahohiet; Máharai, die Netofatiet;

29 Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet; Íttai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin;

30 Benája, die Pirhatoniet; Híddai, uit Nahale-Gaäs;

31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asmáwet, die Barhumiet;

32 Éljagba, die Saälboniet; die seuns van Jasen; Jónatan;

33 Samma, die Harariet; Ahíam, die seun van Sarar, die Árariet;

34 Elifélet, die seun van Ahasbái, die seun van 'n Maägatiet; Elíam, die seun van Agitófel, die Giloniet;

35 Hesro, die Karmeliet; Páärai, die Arbiet;

36 Jígeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die Gadiet;

37 Selek, die Ammoniet; Náharai, die Béërotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;

38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;

39 Uría, die Hetiet almal saam sewen-en-dertig.

1 Dette er Davids siste ord: sier David, Isais sønn, sier mannen som høit var satt, Jakobs Guds salvede og Israels liflige sanger: 2 Herrens Ånd taler gjennem mig, og hans ord er min tunge. 3 Israels Gud har talt, til mig har Israels klippe sagt: Der skal være en hersker over menneskene, en rettferdig, en hersker i gudsfrykt; 4 han skal være lik morgenens lys når solen går op, en morgen uten skyer, når ved solskinn og ved regn gresset spirer frem av jorden. 5 For har ikke mitt hus det således med Gud? En evig pakt har han jo gjort med mig, ordnet i alle deler og trygget; all min frelse og alt hvad ham behager(-)skulde han ikke la det gro frem? 6 Men de onde, de er alle sammen lik torner som ryddes bort, som folk ikke tar i med hånden,

7 men kommer nogen nær dem, væbner han sig med jern og spydskaft, og med ild brennes de op der hvor de står.

8 Dette er navnene Davids helter: Joseb-Bassebet, takmonitten, høvedsmann for drabantene; han svang sin lanse over åtte hundre falne én gang.

9 Efter ham kom Eleasar, sønn av Dodo, sønn av Ahohi; han var en av de tre helter som var med David da de hånte filistrene som var samlet der til strid. Da Israels menn drog sig tilbake, 10 reiste han sig og hugg inn filistrene, til hans hånd blev trett at den hang fast ved sverdet. Den dag gav Herren dem en stor seier, og da folket vendte om og fulgte ham, hadde de ikke annet å gjøre enn å plyndre de falne. 11 Efter ham kom Samma, sønn av Age, hararitten. Filistrene hadde engang samlet sig til en hel flokk, og der var det et jorde som var fullt av linser. Da nu folket flyktet for filistrene, 12 stilte han sig midt jordet og berget det og slo filistrene, og Herren gav dem en stor seier. 13 Engang da det led mot høsten, drog tre av de tretti høvdinger ned og kom til David i hulen ved Adullam. Filisterflokken i leir i Refa’mdalen. 14 David var dengang selv i borgen, og filistrenes forpost var i Betlehem. 15 kom det en brå lyst over David, og han sa: Hvem lar mig vann å drikke av den brønn som er ved porten i Betlehem? 16 Da brøt de tre helter sig igjennem filistrenes leir og øste vann op av brønnen ved Betlehems port og tok det med sig og kom til David med det; men han vilde ikke drikke det(-)han øste det ut for Herren. 17 Og han sa: Det være langt fra mig, Herre, å gjøre dette! Skulde jeg drikke de menns blod som gikk avsted med fare for sitt liv? Og han vilde ikke drikke det. Dette gjorde de tre helter. 18 var det Abisai, bror til Joab, sønn av Seruja; han var høvedsmann for drabantene. Han svang sitt spyd over tre hundre falne; og han hadde et navn blandt de tre. 19 Fremfor de tretti var han visstnok æret og blev deres høvding; men til de tre nådde han ikke op. 20 var det Benaja, sønn av Jojada, som var sønn av en djerv seierrik stridsmann fra Kabse’l; han slo Moabs to løvehelter. En dag det hadde snedd, steg han ned i en brønn og slo ihjel en løve. 21 Likeledes slo han ihjel en egypter, en kjempestor mann; egypteren hadde et spyd i hånden; men han gikk ned mot ham med sin stav og rev spydet ut av hånden egypteren og drepte ham med hans eget spyd. 22 Dette gjorde Benaja, Jojadas sønn; han hadde et navn blandt de tre helter. 23 Fremfor de tretti var han æret, men til de tre nådde han ikke op. David gav ham plass blandt sine fortrolige rådgivere. 24 Asael, Joabs bror, var blandt de tretti; likeså Elhanan, sønn av Dodo, fra Betlehem, 25 haroditten Samma; haroditten Elika; 26 paltitten Heles; teko’tten Ira, sønn av Ikkes; 27 anatotitten Abieser; husatitten Mebunnai; 28 ahohitten Salmon; netofatitten Maharai; 29 netofatitten Heleb, sønn av Ba’na; Ittai, sønn av Ribai, fra Gibea i Benjamins stamme; 30 piratonitten Benaja; Hiddai fra Ga’s-dalene; 31 arbatitten Abi-Albon; barhumitten Asmavet; 32 sa’lbonitten Eljahba; Bene-Jasen; Jonatan; 33 hararitten Samma; araritten Akiam, sønn av Sarar; 34 Elifelet, sønn av Ahasbai, ma’katittens sønn; gilonitten Eliam, sønn av Akitofel; 35 karmelitten Hesro; arbitten Pa’rai; 36 Jigal, sønn av Natan, fra Soba; gaditten Bani; 37 ammonitten Selek; be’rotitten Naharai, Joabs, Serujas sønns våbensvenn; 38 jitritten Ira; jitritten Gared; 39 hetitten Uria(-)i alt syv og tretti.

Veja também