Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Samuel 2

BIBEL1930

Dawid word koning oor Juda, en Isbóset koning oor Israel.

1 EN daarna het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die Here het hom geantwoord: Trek op. Toe Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.

2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ahínoam uit Jísreël, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.

3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon.

4 Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en : Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het,

5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te : Mag julle geseënd wees deur die Here, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.

6 Mag die Here julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.

7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.

8 Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim

9 en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor Jísreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.

10 Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.

11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.

Burgeroorlog. Slag by Gíbeon.

12 EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim na Gíbeon.

13 Joab, die seun van Serúja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van Gíbeon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam.

14 En Abner vir Joab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En Joab : Laat hulle regmaak.

15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isbóset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid.

16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp, en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle dié plek Veld van Swaardskerptes, wat by Gíbeon is.

17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van Israel is verslaan voor die dienaars van Dawid.

18 En daar was drie seuns van Serúja: Joab en Abísai en Ásahel; en Ásahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.

19 En Ásahel het Abner agternagejaag sonder om in sy koers regs of links agter Abner weg te draai.

20 Toe kyk Abner agter hom om en : Is dit jy, Ásahel? En hy antwoord: Dit is ek.

21 En Abner vir hom: Draai uit na jou regter- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar Ásahel wou nie agter hom wegdraai nie.

22 En Abner nog 'n keer vir Ásahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab?

23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar Ásahel geval en gesterwe het.

24 Maar Joab en Abísai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag , aan die pad na die woestyn van Gíbeon.

25 En die kinders van Benjamin het agter Abner byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van 'n sekere heuwel.

26 Toe roep Abner na Joab en : Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie?

27 En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.

28 Toe blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en Israel nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie.

29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in Mahanáim aangekom.

30 En Joab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en Ásahel vermis.

31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan driehonderd-en-sestig man het gesterwe.

32 En hulle het Ásahel opgetel en hom in die graf van sy vader, wat in Betlehem was, begrawe; en Joab en sy manne het die hele nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het.

1 Siden spurte David Herren: Skal jeg dra op til en av byene i Juda? Herren svarte: Gjør det! Da spurte David: Hvorhen skal jeg dra? Han svarte: Til Hebron. 2 drog David der op med sine to hustruer, Akinoam fra Jisre’l og Abiga’l, karmelitten Nabals hustru. 3 Og de menn som var hos ham, lot David også dra der op, hver med sitt hus, og de bosatte sig i byene omkring Hebron. 4 Da kom Judas menn dit og salvet David til konge over Judas hus. kom det nogen og fortalte David at det var mennene i Jabes i Gilead som hadde begravet Saul. 5 Da sendte David bud til mennene i Jabes i Gilead og lot si til dem: Velsignet være I av Herren, fordi I har gjort den kjærlighetsgjerning mot eders herre Saul å begrave ham!

6 vise nu Herren sin miskunnhet og trofasthet mot eder, og jeg vil også gjøre vel mot eder, fordi I har gjort dette. 7 ta nu mot til eder og vær djerve menn! For vel er eders herre Saul død, men Judas hus har også salvet mig til konge over sig.

8 Men Abner, Ners sønn, Sauls hærfører, tok Isboset, Sauls sønn, og førte ham over til Mahana’m

9 og gjorde ham til konge over Gilead og over asurittene og over Jisre’l og Efra’m og Benjamin og over hele Israel. 10 Isboset, Sauls sønn, var firti år gammel da han blev konge over Israel, og han regjerte i to år; det var bare Judas hus som holdt sig til David. 11 Og hele den tid David var konge i Hebron over Judas hus, var syv år og seks måneder. 12 Abner, Ners sønn, tok ut fra Mahana’m med Isbosets, Sauls sønns folk og drog til Gibeon.

13 Og Joab, Serujas sønn, og Davids folk drog også ut og traff sammen med dem ved Gibeondammen; den ene flokk leiret sig den ene side av dammen og den andre den andre side. 14 Da sa Abner til Joab: La de unge menn trede frem og holde en krigslek for våre øine! Joab svarte: Ja, la dem det! 15 reiste de sig og gikk frem i det fastsatte tall: tolv for Benjamin og Isboset, Sauls sønn, og tolv av Davids folk. 16 Og de grep hverandre i hodet og stakk sverdet i siden hverandre, og falt de alle sammen. Siden kaltes dette sted Helkat-Hassurim; {de skarpe eggers mark} det ligger ved Gibeon. 17 Striden blev meget hård den dag, og Abner og Israels menn blev slått av Davids folk.

18 Der var Serujas tre sønner med: Joab og Abisai og Asael. Asael var lett foten som et rådyr marken.

19 Og Asael satte efter Abner og bøide ikke av hverken til høire eller til venstre, men holdt sig stadig i Abners spor. 20 Da vendte Abner sig om og sa: Er det du, Asael? Han svarte: Ja. 21 Da sa Abner til ham: Bøi av, enten til høire eller til venstre! Grip en av de unge og ta hans rustning! Men Asael vilde ikke la være å forfølge ham. 22 Da sa Abner atter til Asael: La være å forfølge mig! Vil du kanskje jeg skal slå dig til jorden? Hvorledes skulde jeg da kunne se din bror Joab i øinene? 23 Men han vilde ikke holde op; da stakk Abner ham med bakenden av sitt spyd i underlivet, spydet gikk ut gjennem ryggen ham, og han falt om der og døde stedet. Og hver den som kom til det sted hvor Asael var falt og døde, stanset der. 24 Joab og Abisai forfulgte Abner; og da solen var gått ned, kom de til Amma-haugen, som ligger midt imot Giah veien til Gibeons ørken.

25 Men Benjamins barn samlet sig i én flokk om Abner og stilte sig toppen av en haug.

26 Da ropte Abner til Joab: Skal sverdet aldri holde op å fortære? Skjønner du ikke at dette vil ende med sorg? Hvor lenge vil du vente før du byder dine folk at de skal holde op med å forfølge sine brødre? 27 Joab svarte: sant Gud lever: Hadde du ingen ting sagt, da skulde folket allerede fra morgenen av være blitt ført bort, ingen hadde forfulgt sin bror. 28 støtte Joab i basunen, og alt folket stanset og forfulgte ikke Israel lenger og blev heller ikke ved å stride mere. 29 Abner og hans menn gikk gjennem ødemarken hele den natt; satte de over Jordan og gikk gjennem hele Bitron og kom til Mahana’m. 30 Da Joab hadde holdt op med å forfølge Abner, samlet han alt folket, og der savnedes av Davids folk nitten mann foruten Asael. 31 Men Davids folk hadde drept tre hundre og seksti mann av Benjamin og blandt Abners menn. 32 Asael tok de op og begravde ham i hans fars grav i Betlehem. Joab og hans menn gikk hele natten og kom til Hebron da det begynte å dages.

Veja também