Isbóset word vermoor. Dawid wreek sy dood.
1 TOE die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.
2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander Regab, seuns van Rimmon, die Béërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Béërot is ook by Benjamin gereken.
3 En die Béërotiete het na Gittáim gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.
4 En Jónatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jónatan uit Jísreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefibóset.
5 En die seuns van Rimmon, die Béërotiet, Regab en Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê.
6 En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en Regab en sy broer Báëna het ontvlug.
7 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte
8 en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die Here het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.
9 Maar Dawid het Regab en sy broer Báëna, die seuns van Rimmon, die Béërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die Here leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
10 hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! — terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring — het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;
11 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?
12 Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en dié het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isbóset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.
1 Da Sauls sønn hørte at Abner var død i Hebron, falt han rent sammen, og hele Israel blev forferdet. 2 Hos Sauls sønn var der to menn som var høvedsmenn for streif-flokker; den ene hette Ba’na og den andre Rekab; de var sønner av Rimmon fra Be’rot og hørte til Benjamins barn. For Be’rot regnedes også til Benjamin(-) 3 be’rotittene var flyktet til Gitta’m, og der har de holdt til helt til denne dag. 4 Jonatan, Sauls sønn, hadde en sønn som var lam i begge føtter; han var fem år gammel da tidenden om Saul og Jonatan kom fra Jisre’l, og den kvinne som passet ham, tok ham og flyktet; men idet hun skyndte sig avsted, falt han ned og blev lam. Hans navn var Mefiboset {kalles også Meribba’l.} 5 Be’rotitten Rimmons sønner, Rekab og Ba’na, tok ut og kom på det heteste av dagen til Isbosets hus, mens han hvilte middag. 6 De lot som de skulde hente hvete, og kom således helt inn i huset og stakk ham så i underlivet. Derefter slapp Rekab og hans bror Ba’na bort. 7 De kom inn i huset mens han lå på sin seng i sitt sovekammer, og stakk ham ihjel og hugg hodet av ham; så tok de hans hode og gikk hele natten gjennem ødemarken. 8 Og de kom med Isbosets hode til David i Hebron og sa til kongen: Se, her er hodet av Isboset, sønn til Saul, din fiende som stod dig efter livet; således har Herren på denne dag gitt min herre kongen hevn over Saul og hans ætt.
9 Men David svarte Rekab og hans bror Ba’na, be’rotitten Rimmons sønner, og sa til dem: Så sant Herren lever, han som har utfridd mig av all trengsel:
10 Den som kom til mig med tidende om at Saul var død, og som selv mente at han kom med en god tidende, ham grep jeg og lot ham drepe i Siklag(-)ham som jeg skulde ha gitt lønn for god tidende, 11 hvor meget mere nu, da ugudelige menn har myrdet en rettferdig mann i hans hus og på hans leie(-)skulde jeg ikke nu kreve hans blod av eders hånd og utrydde eder av landet? 12 Så bød David sine folk, og de slo dem ihjel og hugg hendene og føttene av dem og hengte dem op ved dammen i Hebron; men Isbosets hode tok de og begravde i Abners grav i Hebron.