Opstand en dood van Seba.
1 EN daar was by geval 'n deugniet met die naam van Seba, die seun van Bigri, 'n Benjaminiet — hy het op die ramshoring geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die seun van Ísai nie: elkeen na sy tente toe, o Israel!
2 Daarop trek al die manne van Israel van Dawid af weg, agter Seba, die seun van Bigri, aan; maar die manne van Juda het hulle koning aangehang van die Jordaan af tot by Jerusalem.
3 Toe Dawid in sy huis in Jerusalem kom, het die koning die tien vroue, die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis op te pas, geneem en in 'n bewaakte huis gesit en hulle onderhou, maar nie by hulle ingegaan nie; en hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood as lewenslange weduwees.
4 Daarna sê die koning aan Amása: Roep vir my die manne van Juda binne drie dae byeen; kom staan jy dan hier.
5 En Amása het gegaan om Juda byeen te roep, maar het langer weggebly as die bepaalde tyd wat hy vir hom vasgestel het.
6 Toe sê Dawid aan Abísai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou heer en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons oog uitruk nie.
7 En daar het uitgetrek, agter hom aan, die manne van Joab en die Kreti en die Pleti en al die helde — hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.
8 Terwyl hulle by die groot klip was wat by Gíbeon lê, kom Amása voor hulle uit. En Joab was omgord met sy wapenrok as sy kleed en daaroor was 'n gord met 'n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval.
9 En Joab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te soen.
10 En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom 'n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Abísai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag.
11 Maar 'n man uit die dienaars van Joab het daar by hom bly staan en gesê: Wie in Joab behae het en wie vir Dawid is, laat hom Joab volg!
12 Terwyl Amása in die middel van die pad hom in die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Amása uit die pad uit weggeneem na die veld en 'n kleed oor hom gegooi, omdat hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan.
13 Toe hy hom uit die pad verwyder het, trek al die manskappe verby agter Joab aan om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.
14 En dié het deur al die stamme van Israel getrek na Abel en Bet- Máäga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook agter hom aan gegaan.
15 En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga beleër en 'n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val,
16 roep 'n wyse vrou uit die stad: Luister, luister! Sê tog vir Joab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek.
17 En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u Joab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En hy antwoord: Ek hoor.
18 Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle gewoond om só te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle 'n saak afgehandel.
19 Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in Israel. U is daarop uit om 'n stad te vernietig, nogal 'n moeder in Israel. Waarom wil u die erfdeel van die Here te gronde rig?
20 En Joab antwoord en sê: Dit is ver, ver van my, dat ek te gronde sou rig en dat ek sou verwoes!
21 Die saak is nie so nie; maar 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die stad af wegtrek. En die vrou sê vir Joab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe gegooi word.
22 En die vrou het haar in haar wysheid tot die hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap en na Joab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en Joab het na Jerusalem, na die koning teruggegaan.
23 En Joab was oor die hele leër van Israel, en Benája, die seun van Jójada, oor die Kreti en oor die Pleti;
24 en Adóram was oor die dwangarbeid, en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
25 En Seja was skrywer; en Sadok en Ábjatar priesters.
26 En ook Ira, die Jaïriet, was priester by Dawid.
1 Nu traff det sig så at det på det sted var en illesinnet mann som hette Seba, sønn av Bikri, en benjaminitt. Han støtte i basunen og sa: Vi har ingen del i David og ingen lodd i Isais sønn; hver mann til sine telt, Israel! 2 Da forlot hver mann av Israel David og fulgte Seba, Bikris sønn, men Judas menn hang ved sin konge og fulgte ham fra Jordan like til Jerusalem. 3 Så kom David hjem til Jerusalem. Og kongen tok de ti medhustruer som han hadde latt bli tilbake for å ta vare på huset, og lot dem bo i et hus for sig selv under varetekt; han forsørget dem med det nødvendige, men gikk ikke inn til dem. Der satt de nu innestengt til sin dødsdag og levde hele resten av sitt liv som enker.
4 Så sa kongen til Amasa: Kall Judas menn sammen for mig innen tre dager og møt så selv frem her!
5 Amasa tok da avsted for å kalle Juda sammen; men han drygde lenger enn den tid som var fastsatt. 6 Da sa David til Abisai: Nu kommer Seba, Bikris sønn, til å gjøre oss mere ondt enn Absalom; ta du din herres menn og sett efter ham! Bare han ikke alt har funnet faste byer og har undsloppet oss! 7 Så drog da Joabs menn og livvakten og alle de djerveste stridsmenn ut efter ham; de drog ut fra Jerusalem for å sette efter Seba, Bikris sønn. 8 De var nettop kommet til den store sten ved Gibeon, da kom Amasa imot dem. Joab hadde på sig kappen som var hans vanlige drakt, og utenpå den et belte med et sverd i skjeden, fastbundet over hans lender, og da han gikk frem, falt det ut. 9 Og Joab sa til Amasa: Går det dig vel, bror? og grep med sin høire hånd fatt i Amasas skjegg for å kysse ham. 10 Men Amasa tok sig ikke i vare for sverdet som Joab hadde i hånden, og Joab stakk ham med det i underlivet, så hans innvoller rant ut på jorden. Han stakk ham ikke mere enn denne ene gang, så var han død. Derefter satte Joab og hans bror Abisai efter Seba, Bikris sønn. 11 Men en av Joabs unge menn blev stående hos Amasa og ropte: Hvem som holder med Joab, og som står på Davids side, følge Joab! 12 Men Amasa lå veltet i sitt blod midt på landeveien, og da mannen så at alt folket blev stående. flyttet han Amasa fra landeveien bort på marken og kastet et klæde over ham, fordi han så at enhver som kom bort til ham, blev stående. 13 Da han var ført bort fra landeveien, gikk hver mann forbi og fulgte Joab for å sette efter Seba, Bikris sønn.
14 Han drog frem gjennem alle Israels stammer til Abel og Bet-Ma’ka og hele Berim; og de samlet sig og fulgte også efter ham.
15 Og de kom og kringsatte ham {Seba.} i Abel-Bet-Ma’ka og opkastet en voll mot byen; den støtte op mot yttermuren; og alt folket som var med Joab, var i ferd med å ødelegge muren for å få den til å falle. 16 Da ropte en klok kvinne fra byen: Hør, hør! Si til Joab: Kom nærmere, så jeg kan få tale med dig!
17 Da gikk han bort til henne, og kvinnen spurte: Er du Joab? Han svarte: Ja. Hun sa til ham: Hør din tjenerinnes ord! Han svarte: Jeg hører. 18 Da sa hun: Før pleide folk å si så: En skal spørre sig for i Abel, og så utførte de det. 19 Jeg er en av de fredsommelige og trofaste i Israel; {hun taler i byens navn} du søker å ødelegge en by, en mor i Israel, hvorfor vil du tilintetgjøre Herrens arv? 20 Da svarte Joab og sa: Langt, langt være det fra mig at jeg skulde tilintetgjøre eller ødelegge. 21 Det har sig ikke så. Men en mann fra Efra’m-fjellet som heter Seba, sønn av Bikri, har løftet sin hånd mot kongen, mot David; la mig bare få ham, så skal jeg dra bort fra byen. Da sa kvinnen til Joab: Hans hode skal bli kastet ut til dig over muren. 22 Så gikk kvinnen med sitt kloke råd til alt folket, og de hugg hodet av Seba, Bikris sønn, og kastet det ut til Joab. Da støtte han i basunen, og de drog bort fra byen og spredte sig hver mann til sitt hjem; og Joab vendte tilbake til Jerusalem, til kongen.
23 Joab var høvding over hele Israels hær, og Benaja, sønn av Jojada, var høvding over livvakten;
24 Adoram hadde opsyn med dem som gjorde pliktarbeid, og Josafat, sønn av Akilud, var historieskriver; 25 Seja var statsskriver, og Sadok og Abjatar var prester. 26 Ja’ritten Ira var også prest hos David.