Pular para o conteúdo
Publicidade

Jó 16

BIBEL1930

Job verwerp met veragting die troos van sy vriende.

1 MAAR Job het geantwoord en gesê:

2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.

3 Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?

4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;

5 ek sou julle kon versterk met my mónd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!

Hy beskrywe sy verskriklike toestand: God en mens is teen hom.

6 AS ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou watter verligting bring dit my?

7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.

8 En U het my gegryp 'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.

9 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp aan.

10 Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.

11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.

12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.

13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.

14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.

15 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.

16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;

17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.

Tog begin Job te glo dat God uiteindelik aan hom reg sal laat wedervaar. Hy beroep hom óp God téén God.

18 o AARDE, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.

19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.

20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God

21 dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.

22 Want maar min jare kom dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.

1 Da tok Job til orde og sa: 2 Jeg har hørt meget som dette; I er plagsomme trøstere alle sammen. 3 Blir det aldri ende de vindige ord? Eller hvad egger dig til å svare? 4 Også jeg kunde tale som I; om I var i mitt sted, kunde jeg sette ord sammen mot eder, og jeg kunde ryste hodet over eder; 5 jeg kunde styrke eder med min munn, {de. med tomme ord} og mine lebers medynk kunde stille eders smerte.

6 Om jeg taler, stilles ikke min smerte, og lar jeg det være, hvad lindring får jeg da?

7 Ja, nu har han trettet mig ut; du har ødelagt hele mitt hus. 8 Og du grep mig fatt(-)det blev et vidne mot mig; min magerhet stod op imot mig, like i mitt åsyn vidnet den mot mig. 9 Hans vrede sønderrev mig og forfulgte mig; han skar tenner imot mig; som min motstander hvesset han sine øine mot mig. 10 De {mine fiender} spilet op sin munn mot mig, med hån slo de mine kinnben; alle slo de sig sammen mot mig. 11 Gud gir mig i urettferdige folks vold og styrter mig i ugudelige menneskers hender. 12 Jeg levde i ro; da sønderbrøt han mig, han grep mig i nakken og sønderknuste mig, han satte mig op til skive for sig. 13 Hans skyttere kringsatte mig, han kløvde mine nyrer uten barmhjertighet; han øste ut min galle jorden. 14 Han rev i mig rift rift; han stormet mot mig som en kjempe. 15 Jeg har sydd sekk om min hud og stukket mitt horn i støvet; {de. opgitt min makt og høihet} 16 mitt ansikt er rødt av gråt, og over mine øielokk ligger det dødsskygge.

17 Og dog er det ingen urett i mine hender, og min bønn er ren.

18 jord, dekk ikke mitt blod, og måtte det ikke være noget sted hvor mitt skrik stanser! 19 Selv nu har jeg mitt vidne i himmelen og i det høie en som kan stadfeste mine ord. 20 Stadig spotter mine venner mig; mot Gud skuer gråtende mitt øie, 21 at han la mannen rett i hans strid med Gud og menneskebarnet rett mot hans næste; 22 for år vil det før jeg vandrer den vei som jeg ikke vender tilbake.

Veja também