1 AG, was u maar vir my soos 'n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.
2 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.
3 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.
4 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?
5 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.
6 Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die Here.
7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.
8 Ons het 'n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?
9 As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerrand daarop bou, en as sy 'n deur is, sal ons dit met 'n sederplank toeslaan.
10 Ek is 'n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.
11 Salomo het 'n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.
12 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en tweehonderd vir die wat sy vrugte bewaak.
13 U wat in die tuine woon — vriende luister na u stem; laat my dit hoor.
14 Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.
1 Gid du var mig som en bror, ammet ved min mors bryst! Om jeg da fant dig der ute, skulde jeg kysse dig, og ingen skulde forakte mig for det. 2 Jeg skulde lede dig, jeg skulde føre dig til min mors hus, du skulde lære mig; jeg skulde skjenke dig den krydrede vin, mosten av mitt granatepletre. 3 Hans venstre hånd er under mitt hode, og hans høire hånd favner mig. 4 Jeg ber eder inderlig, I Jerusalems døtre! Hvorfor vil I vekke, og hvorfor vil I egge kjærligheten, før den selv vil?
5 Hvem er hun som kommer op fra ørkenen, støttende sig på sin elskede? (-)Under epletreet vekket jeg dig; der blev din mor forløst med dig, der blev hun forløst, hun som fødte dig.
6 Sett mig som et segl på ditt hjerte, som et segl på din arm; for sterk som døden er kjærligheten, hård som dødsriket er dens nidkjærhet; dens glød er som ildens glød, en Herrens lue.
7 Mange vann kan ikke utslukke kjærligheten, og strømmer ikke overskylle den; om nogen vilde gi alt han har i sitt hus, for kjærligheten, vilde han bare bli foraktet.
8 Vi har en liten søster, hun har ennu ikke bryster. Hvad skal vi gjøre med vår søster når den tid kommer at hun får beilere?
9 Er hun en mur, vil vi bygge på den tinder av sølv; er hun en dør, vil vi stenge den med en sederplanke. 10 Jeg var en mur, og mine bryster som tårner; da vant jeg yndest for hans øine og fikk fred. 11 En vingård hadde Salomo i Ba’l-Hamon, han overgav vingården til voktere; hver skulde gi tusen sekel sølv for dens frukt. 12 Over min vingård råder jeg selv; de tusen sekel tilhører dig, Salomo, og to hundre dem som vokter dens frukt.
13 Du som bor i havene! Venner lytter til din røst; la mig høre den!
14 Fly, min elskede! Vær som et rådyr eller en ung hjort på fjell med duftende urter!