Pular para o conteúdo
Publicidade

Cânticos 1

BIBEL1930

Die bruid verlang na die bruidegom en soek hom.

1 DIE hooglied van Salomo.

2 Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.

3 U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.

4 Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

5 Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.

6 Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7 Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?

8 As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.

9 Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!

10 Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.

11 Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.

12 So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.

13 My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.

14 My beminde is vir my 'n tros hennablomme in die wingerde van Éngedi.

15 Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u is soos duiwe!

16 Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.

17 Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

1 Høisangen av Salomo.

2 Han kysser mig med kyss av sin munn! For din kjærlighet er bedre enn vin.

3 Liflig er duften av dine salver, ditt navn er en utgytt salve; derfor elsker jomfruene dig. 4 Drag mig! Vi vil løpe efter dig. Kongen har ført mig inn i sine kammer; vi vil fryde og glede oss i dig, vi vil prise din kjærlighet mere enn vin; opriktig elsker de dig. 5 Sort er jeg, men yndig, I Jerusalems døtre, som Kedars telter, som Salomos telttepper. 6 Se ikke mig, fordi jeg er sort, fordi solen har brent mig! Min mors sønner blev vrede mig, de satte mig til å vokte vingårdene; min egen vingård har jeg ikke voktet.

7 Si mig, du som min sjel elsker: Hvor vokter du hjorden? Hvor lar du den hvile om middagen? For hvorfor skal jeg være lik en kvinne som går tilsløret ved dine stallbrødres hjorder?

8 Vet du det ikke, du fagreste blandt kvinner, ut i fårenes spor og vokt dine kje ved hyrdenes hytter!

9 Med gangerne foran Faraos vogner ligner jeg dig, min venninne! 10 Yndige er dine kinner mellem kjedene, din hals i perleradene. 11 Gullkjeder vil vi gjøre dig med sølvprikker .

12 lenge kongen satt ved sitt bord, gav min nardus sin duft.

13 Min elskede er mig en myrrakule, som hviler mellem mine bryster. 14 Min elskede er mig en cyperdrue i En-Gedis vingårder. 15 Hvor fager du er, min venninne, hvor fager du er! Dine øine er duer. 16 Hvor du er vakker, min elskede, hvor skjønn du er! Og vårt leie er grønt. 17 Sedrer er bjelkene i vårt hus, cypresser er vårt tavlede loft.

Veja também

Cânticos
Ver todos os capítulos de Cânticos