Pular para o conteúdo
Publicidade

Cânticos 3

BIBEL1930

1 OP my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

2 Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.

3 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie?

4 Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.

5 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.

Die bruilofstoet. Liefdesverklaring van die bruidegom.

6 WIE is dit wat daar opkom uit die woestyn soos rookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?

7 Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig helde daaromheen, van die helde van Israel,

8 hulle almal met 'n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die nagtelike verskrikking.

9 Koning Salomo het vir hom 'n draagstoel gemaak van die hout van die Líbanon;

10 die steile daarvan het hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak 'n liefdegawe van die dogters van Jerusalem.

11 Kom uit, dogters van Sion, en aanskou met vreugde die koning Salomo, die krans waarmee sy moeder hom bekrans het op sy troudag en op die dag dat sy hart vrolik is.

1 mitt leie lette jeg om natten efter ham som min sjel elsker; jeg lette efter ham, men jeg fant ham ikke. 2 Da sa jeg: Jeg vil stå op og omkring i byen, gatene og torvene; jeg vil lete efter ham som min sjel elsker. Jeg lette efter ham, men jeg fant ham ikke. 3 Vekterne, som går omkring i byen, møtte mig. Jeg sa til dem: Har I sett ham som min sjel elsker? 4 Ikke før var jeg gått fra dem, før jeg fant ham som min sjel elsker; jeg tok fatt i ham, og jeg slipper ham ikke før jeg har ført ham til min mors hus, til hennes kammer som har født mig. 5 Jeg ber eder inderlig, I Jerusalems døtre, ved rådyrene eller ved hindene marken, at I ikke vekker og ikke egger kjærligheten, før den selv vil!

6 Hvem er hun som kommer op fra ørkenen, som det var røkstøtter, omduftet av myrra og virak, av alle kremmerens krydderier?

7 Se, her er Salomos seng med seksti krigsmenn omkring, av Israels krigsmenn,

8 alle væbnet med sverd, opøvet i krig, hver med sverdet ved lend til vern mot nattens farer. 9 En bæreseng gjorde kong Salomo sig av Libanons trær. 10 Dens stolper gjorde han av sølv, dens ryggstø av gull, dens pute av purpur; innvendig er den smykket i kjærlighet av Jerusalems døtre. 11 ut, I Sions døtre, og se kong Salomo med den krone hans mor har kronet ham med hans bryllupsdag, hans hjertegledes dag!

Veja também

Cânticos
Ver todos os capítulos de Cânticos