Pular para o conteúdo
Publicidade

Jó 39

BIBEL1930

1 KAN jy prooi jag vir die leeuin? Of die honger van die jong leeus stil maak

2 as hulle neerbuig in die lêplekke, klaarsit in die skuilplek om te loer?

3 Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?

4 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?

5 Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?

6 Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort weg is hulle weë!

7 Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.

8 Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?

9 Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.

10 Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.

11 Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.

12 Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?

13 Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?

14 Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?

15 Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?

16 Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit 'n sagaardige vleuel en veer?

17 Want sy laat haar eiers op die grond en hou hulle warm op die grond;

18 en vergeet dat 'n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs sy is nie bekommerd nie.

20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.

22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?

23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking.

24 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.

25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.

26 Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.

27 Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.

28 By elke basuinstoot hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.

29 Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?

30 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?

31 Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.

32 Daarvandaan loer hy op voedsel, sy kyk in die verte.

33 Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes , daar is hy.

Sal Job dan langer met God twis?

34 EN die Here het Job geantwoord en gesê:

35 Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!

36 Toe het Job die Here geantwoord en gesê:

37 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek my hand op my mond.

38 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.

1 Kjenner du tiden når stengjetene føder, og gir du akt hindenes veer? 2 Teller du månedene til de skal bære, og vet du tiden når de føder? 3 De bøier sig, føder sine unger og blir fri for sine smerter. 4 Deres unger blir kraftige og vokser op ute marken; de løper bort og kommer ikke tilbake til dem. 5 Hvem har gitt villeslet dets frihet, hvem løste dets bånd, 6 det som jeg gav ørkenen til hus og saltmoen til bolig? 7 Det ler av byens ståk og styr; driverens skjenn slipper det å høre. 8 Hvad det leter op fjellene, er dets beite, og det søker efter hvert grønt strå. 9 Har vel villoksen lyst til å tjene dig? Vil den bli natten over ved din krybbe? 10 Kan du binde villoksen med rep til furen? {de. tvinge den til å følge plogfuren} Vil den harve dalene efter dig? 11 Kan du stole den, fordi dens kraft er stor, og kan du overlate den ditt arbeid? 12 Kan du lite at den fører din grøde hjem, og at den samler den til din treskeplass?

13 Strutsen flakser lystig med vingene; men viser dens vinger og fjær moderkjærlighet?

14 Nei, den overlater sine egg til jorden og lar dem opvarmes i sanden, 15 og den glemmer at en fot kan klemme dem itu, og markens ville dyr trå dem i stykker. 16 Den er hård mot sine unger, som om de ikke var dens egne; den er ikke redd for at dens møie skal være spilt. 17 For Gud nektet den visdom og gav den ingen forstand. 18 Men når den flakser i været, ler den av hesten og dens rytter.

19 Gir du hesten styrke? Klær du dens hals med bevrende man?

20 Lar du den springe som gresshoppen? Dens stolte fnysen er forferdelig. 21 Den skraper i jorden og gleder sig ved sin kraft; farer den frem mot væbnede skarer. 22 Den ler av frykten og forferdes ikke, og den vender ikke om for sverd. 23 Over den klirrer koggeret, blinkende spyd og lanse. 24 Med styr og ståk river den jorden op, og den lar sig ikke stagge når krigsluren lyder. 25 Hver gang luren lyder, sier den: Hui! Og langt borte værer den striden, høvedsmenns tordenrøst og hærskrik.

26 Skyldes det din forstand at høken svinger sig op og breder ut sine vinger mot Syden?

27 Er det ditt bud at ørnen flyver høit, og at den bygger sitt rede oppe i høiden? 28 Den bor berget og har nattely der, tind og nut. 29 Derfra speider den efter føde; langt bort skuer dens øine. 30 Dens unger drikker blod, og hvor der er lik, der er den.

Veja também