Die lot van die stam van Símeon.
1 EN die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.
2 En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Mólada,
3 en Hasar-Sual en Bala en Esem,
4 en Éltolad en Betul en Horma,
5 en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa,
6 en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met hulle dorpe;
7 Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met hulle dorpe;
8 en al die dorpe wat rondom hierdie stede was, tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Símeon volgens hulle geslagte.
9 Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in die middel van húlle erfdeel.
Die erfdeel van Sébulon.
10 EN die derde lot het opgekom vir die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte, en die lyn van hulle erfdeel was tot by Sarid.
11 En hulle lyn loop op in westelike rigting na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;
12 en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Dáberat en loop op na Jáfia;
13 en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe uitstrek;
14 dan swaai die lyn noord daaromheen na Hannáton en loop dood by die dal Jiftag-El;
15 en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.
16 Dit was die erfdeel van die kinders van Sébulon volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
Die erfdeel van Íssaskar.
17 VIR Íssaskar het die vierde lot uitgekom, vir die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte;
18 en hulle grondgebied was na Jísreël toe en Kesúllot en Sunem,
19 en Hafaráim en Sion en Anagárat,
20 en Rabbit en Kisjon en Ebes,
21 en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;
22 en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.
23 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Íssaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Die erfdeel van Aser.
24 EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte;
25 en hulle gebied was: Helkat en Hali en Beten en Agsaf,
26 en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat;
27 dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak aan Sébulon en die dal Jiftag-El in die noorde, Bet-Emek en Nehíël, en loop aan links by Kabul;
28 en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon;
29 dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;
30 en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe.
31 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
Die erfdeel van Náftali.
32 VIR die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle geslagte;
33 en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jábneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;
34 dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;
35 en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,
36 en Adama en Rama en Hasor,
37 en Kedes en Edréï en En-Hasor,
38 en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.
39 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Die erfdeel van Dan.
40 VIR die stam van die kinders van Dan, volgens hulle geslagte, het die sewende lot uitgekom.
41 En die lyn van hulle erfdeel omvat: Sórea en Estáol en Ir-Semes,
42 en Saälábbin en Ájalon en Jitla,
43 en Elon en Timnáta en Ekron,
44 en Élteke en Gíbbeton en Báälat,
45 en Jehud en Bené-Berak en Gat-Rimmon,
46 en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor Jafo.
47 Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.
48 Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Dan volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.
Josua ontvang Timnat-Serag.
49 TOE hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee;
50 op bevel van die Here het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.
51 Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die Here, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.
1 Det annet lodd kom ut for Simeon, for Simeons barns stamme efter deres ætter; den arvelodd de fikk, lå inne i Judas barns arvelodd. 2 Til deres arvelodd hørte: Be’r-seba og Seba og Molada 3 og Hasar-Sual og Bala og Esem 4 og Eltolad og Betul og Horma 5 og Siklag og Bet-Hammarkabot og Hasar-Susa 6 og Bet-Lebaot og Saruhen(-)tretten byer med tilhørende landsbyer; 7 A’n, Rimmon og Eter og Asan(-)fire byer med tilhørende landsbyer, 8 og alle de landsbyer som lå rundt omkring disse byer inntil Ba’lat-Be’r, Rama i sydlandet. Dette var den arvelodd som Simeons barns stamme fikk efter sine ætter. 9 Av den del som blev tilmålt Judas barn, fikk Simeons barn sin arvelodd, for Judas barns del var for stor for dem; derfor fikk Simeons barn sin arvelodd inne i deres arvelodd.
10 Det tredje lodd kom ut for Sebulons barn efter deres ætter; grensen for deres arvelodd gikk til Sarid.
11 Deres grense gikk i vest op til Marala, støtte til Dabbeset og nådde den bekk som løper østenfor Jokneam. 12 Mot øst, mot solens opgang, bøide den sig fra Sarid bort til Kislot-Tabors enemerker og gikk frem til Haddaberat og op til Jafia. 13 Derfra gikk den mot øst, mot solens opgang, over til Gat-Hefer og Et-Kasin, og frem til Rimmon, som strekker sig bort til Hannea. 14 Så svinget grensen omkring dette sted nordover til Hannaton og endte i Jiftah-El-dalen. 15 Dessuten fikk de Kattat og Nahalal og Simron og Jidala og Betlehem, i alt tolv byer med tilhørende landsbyer. 16 Dette var Sebulons barns arvelodd efter deres ætter, disse byer med tilhørende landsbyer.
17 For Issakar kom det fjerde lodd ut, for Issakars barn efter deres ætter.
18 I deres land lå Jisre’la og Hakkesullot og Sunem 19 og Hafara’m og Sion og Anaharat 20 og Harabbit og Kisjon og Ebes 21 og Remet og En-Gannim og En-Hadda og Bet-Passes; 22 og grensen støtte til Tabor og Sahasuma og Bet-Semes, og den endte ved Jordan(-)seksten byer med tilhørende landsbyer. 23 Dette var den arvelodd som Issakars barns stamme fikk efter sine ætter, byene med tilhørende landsbyer.
24 Det femte lodd kom ut for Asers barns stamme efter deres ætter.
25 I deres land lå Helkat og Hali og Beten og Aksaf 26 og Allammelek og Amad og Misal, og grensen støtte mot vest til Karmel og Sihor-Libnat. 27 Så vendte den sig østover til Bet-Dagon, støtte til Sebulon og Jiftah-El-dalen, nordenfor Bet-Haemek og Ne’el, og gikk så frem til Kabul i nord. 28 Dessuten fikk de Ebron og Rehob og Hammon og Kana, helt til det store Sidon. 29 Så vendte grensen sig mot Harama og holdt frem til den faste by Tyrus, vendte sig derefter mot Hosa og endte ute ved havet, ikke langt fra Aksib. 30 Dessuten fikk de Umma og Afek og Rehob, i alt to og tyve byer med tilhørende landsbyer. 31 Dette var den arvelodd som Asers barns stamme fikk efter sine ætter, disse byer med tilhørende landsbyer.
32 For Naftalis barn kom det sjette lodd ut, for Naftalis barn efter deres ætter.
33 Deres grense gikk fra Helef, fra eken ved Sa’nannim, om Adami-Hannekeb og Jabne’l frem til Lakkum og endte ved Jordan. 34 Så vendte grensen sig vestover til Asnot-Tabor og holdt frem til Hukkok og støtte i syd til Sebulon og i vest til Aser og i øst til Juda ved Jordan. 35 Av faste byer var der: Hassiddim, Ser og Hammat, Rakkat og Kinneret 36 og Adama og Harama og Hasor 37 og Kedes og Edre' og En-Hasor 38 og Jiron og Migdal-El, Horem og Bet-Anat og Bet-Semes, i alt nitten byer med tilhørende landsbyer. 39 Dette var den arvelodd som Naftalis barns stamme fikk efter sine ætter, byene med tilhørende landsbyer.
40 For Dans barns stamme efter deres ætter kom det syvende lodd ut.
41 I det land de fikk til arvelodd, lå Sora og Estaol og Ir-Semes 42 og Sa’labbin og Ajalon og Jitla 43 og Elon og Timnata og Ekron 44 og Elteke og Gibbeton og Ba’lat 45 og Jehud og Bene-Berak og Gat-Rimmon 46 og Me-Hajarkon og Harakkon med bygdene bortimot Joppe. 47 Men Dans barns land blev for trangt for dem, og Dans barn drog op og førte krig mot Lesem; de inntok det og slo det med sverdets egg og tok det i eie og bodde der, og de kalte Lesem Dan efter sin stamfar Dan. 48 Dette var den arvelodd som Dans barns stamme fikk efter sine ætter, disse byer med tilhørende landsbyer.
49 Så var de da ferdig med å skifte ut landet efter dets grenser. Og Israels barn gav Josva, Nuns sønn, en arvelodd mellem sig;
50 efter Herrens befaling gav de ham den by han bad om, Timnat-Serah på Efra’m-fjellet, og han bygget op byen og bosatte sig der. 51 Dette var de arvelodder som Eleasar, presten, og Josva, Nuns sønn, og overhodene for familiene i Israels barns stammer skiftet ut ved loddkasting i Silo for Herrens åsyn, ved inngangen til sammenkomstens telt. Således var de ferdig med å skifte ut landet.