Die erfdeel van Manasse.
1 VERDER was dít die lot vir die stam van Manasse, omdat hy die eersgeborene van Josef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van Gílead, het, omdat hy 'n krygsman was, Gílead en Basan ontvang;
2 ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het 'n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Ásriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Semída; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, volgens hulle geslagte.
3 Maar Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa;
4 en hulle het nader gekom voor Eleásar, die priester, en voor Josua, die seun van Nun, en voor die owerstes, en gesê: Die Here het Moses beveel om ons 'n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle 'n erfdeel gegee, volgens die bevel van die Here, onder die broers van hulle vader.
5 So het dan aan Manasse tien aandele geval, behalwe die land Gílead en Basan wat oorkant die Jordaan lê.
6 Want die dogters van Manasse het 'n erfdeel ontvang onder sy seuns, terwyl die land Gílead aan die ander kinders van Manasse behoort het.
7 En die lyn van Manasse was: van Aser af na Mígmetat, teenoor Sigem; dan loop die lyn regs na die inwoners van En-Tappúag —
8 die landstreek van Tappúag het behoort aan Manasse, maar Tappúag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim —;
9 verder loop die lyn af na die spruit Kana, suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.
10 Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Íssaskar.
11 En aan Manasse behoort in Íssaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.
12 Maar die kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié land te bly woon.
13 En toe die kinders van Israel sterker geword het, het hulle die Kanaäniete dienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al verdrywe nie.
14 Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog 'n groot volk is, omdat die Here my tot hiertoe geseën het?
15 En Josua het vir hulle gesê: As jy 'n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar 'n plek skoon in die land van die Feresiete en Refaïete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is.
16 Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae streke woon, het ysterwaens, dié van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as dié van die laagte van Jísreël.
17 Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is 'n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie;
18 want die gebergte sal joue wees — 'n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.
1 Så fikk Manasse stamme sin arvelodd, for han var Josefs førstefødte. Makir, Manasses førstefødte sønn, gileadittenes stamfar, fikk Gilead og Basan, fordi han var en stridsmann. 2 Manasses andre barn fikk og arvelodd efter sine ætter: Abiesers barn og Heleks barn og Asriels barn og Sekems barn og Hefers barn og Semidas barn; dette var Manasses, Josefs sønns barn på mannssiden, efter sine ætter. 3 Men Selofhad, en sønn av Hefer, som var sønn av Gilead og sønnesønn av Makir, Manasses sønn, hadde ikke sønner, men bare døtre; og dette var navnene på hans døtre: Mahla og Noa, Hogla, Milka og Tirsa.
4 De gikk frem for Eleasar, presten, og for Josva, Nuns sønn, og høvdingene og sa: Herren bød Moses at han skulde gi oss arv midt iblandt våre brødre. Så fikk de efter Herrens ord arv midt iblandt sin fars brødre. 5 Således falt det ti deler på Manasse, foruten Gilead-og Basan-landet på hin side {østenfor.} Jordan. 6 For Manasses døtre fikk arv midt iblandt hans sønner, og Gilead-landet hadde Manasses andre barn fått.
7 Og Manasses grense gikk fra Aser til Mikmetat, som ligger midt imot Sikem; så tok grensen til høire til En-Tappuah-bygden.
8 Manasse fikk Tappuah-landet, men Tappuah selv på grensen av Manasse tilfalt Efra’ms barn. 9 Så gikk grensen ned til Kana-bekken, sønnenfor bekken; men byene der tilfalt Efra’m, enda de lå mellem Manasses byer. Derfra gikk Manasses grense nordenfor bekken og endte ute ved havet. 10 Alt som lå sønnenfor, tilfalt Efra’m, og det som lå nordenfor, tilfalt Manasse, og havet blev hans grense; og i nord støtte de op til Aser og i øst til Issakar. 11 I Issakar og i Aser fikk Manasse Bet-Sean med tilhørende småbyer og Jibleam med tilhørende småbyer og innbyggerne i Dor med tilhørende småbyer og innbyggerne i En-Dor med tilhørende småbyer og innbyggerne i Ta’nak med tilhørende småbyer og innbyggerne i Megiddo med tilhørende småbyer, de tre høidedrag. 12 Men Manasses barn maktet ikke å innta disse byer, og det lyktes kana’nittene å bli boende der i landet. 13 Da Israels barn siden blev sterkere, gjorde de kana’nittene arbeidspliktige, men de drev dem ikke bort.
14 Og Josefs barn talte til Josva og sa: Hvorfor har du gitt mig bare én lodd og én arvedel, enda jeg er et stort folk, fordi Herren hittil har velsignet mig?
15 Da sa Josva til dem: Er du så stort et folk, så gå op i skogen og rydd dig jord der i ferisittenes og refa’ttenes land, siden Efra’ms fjellbygd er for trang for dig. 16 Men Josefs barn sa: Fjellbygden strekker ikke til for oss, og kana’nittene som bor i dalbygdene, har alle sammen jernvogner, både de som bor i Bet-Sean med tilhørende småbyer, og de som bor i Jisre’ls dal. 17 Da sa Josva til Josefs hus, til Efra’m og Manasse: Du er et stort folk og har stor styrke; du skal ikke ha bare én lodd, 18 men en fjellbygd skal du få, og da det er skog der, skal du hugge den ned, så endog dens utkanter skal tilhøre dig; for du skal drive bort kana’nittene, om de enn har jernvogner og er sterke.