1 'n MAN wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.
2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.
3 'n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
4 'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.
5 'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.
6 In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
8 Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
9 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
10 Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.
11 'n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar 'n wyse bring dit eindelik tot bedaring.
12 'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
13 Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die Here verlig altwee se oë.
14 'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.
15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
16 As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.
17 Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.
18 As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.
19 Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.
20 Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
21 As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.
22 'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
24 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
25 Die vrees vir die mens span 'n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.
26 Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die Here.
27 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.
1 En mann som er ofte straffet og allikevel gjør sin nakke stiv, vil i et øieblikk bli sønderbrutt, og der er ingen lægedom.
2 Når de rettferdige kommer til makten, gleder folket sig; men når en ugudelig mann hersker, sukker folket.
3 En mann som elsker visdom, gleder sin far; men den som holder vennskap med skjøger, øder sitt gods.
4 En konge trygger sitt land ved rett; men en mann som tar imot gaver, bryter det ned.
5 En mann som smigrer for sin næste, setter op et garn for hans fot.
6 En ond manns misgjerning er en snare for ham, men den rettferdige skal juble og glede sig.
7 Den rettferdige tar sig av småfolks sak; den ugudelige skjønner sig ikke på noget.
8 Spottere egger op byen, men vismenn stiller vreden.
9 Når en vismann går i rette med en dåre, så blir dåren vred og ler, og der blir ingen ro.
10 De blodtørstige hater den ustraffelige, men de rettsindige søker å redde hans liv.
11 All sin vrede lar dåren strømme ut, men den vise holder vreden tilbake og stiller den.
12 Når en hersker akter på løgnens ord, blir alle hans tjenere ugudelige.
13 Den fattige og den som undertrykker ham, møtes; Herren gir begges øine deres lys.
14 En konge som dømmer småfolk rettferdig, hans trone står fast for alle tider.
15 Ris og tukt gir visdom; men en gutt som er overlatt til sig selv, gjør sin mor skam.
16 Når de ugudelige får makt, får synden makt; men de rettferdige skal se deres fall med glede.
17 Tukt din sønn, så skal han bli dig til glede og vederkvege din sjel!
18 Uten åpenbaring blir folket tøilesløst; men lykkelig er den som holder loven.
19 Ved ord lar en træl sig ikke tukte; for han skjønner dem nok, men adlyder dem ikke.
20 Har du sett en mann som forhaster sig i sine ord(-)det er mere håp for dåren enn for ham.
21 Forkjæler en sin træl fra ungdommen av, så vil han til sist være sønn i huset.
22 Den som er snar til vrede, vekker trette, og en hastig mann gjør ofte det som er ondt.
23 Et menneskes stolthet fører ham til fall, men den ydmyke vinner ære.
24 Den som deler med en tyv, hater sitt liv; han hører opropet til ed og gir allikevel ingen oplysning.
25 Menneskefrykt fører i snare, men den som setter sin lit til Herren, han blir berget.
26 Mange søker en herskers yndest, men fra Herren kommer en manns rett.
27 En urettferdig mann er en vederstyggelighet for de rettferdige, og en vederstyggelighet for den ugudelige er den som lever rett.