Die waarde van wysheid.
1 MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
5 dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind
6 (want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
8 deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
9 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.
10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
13 van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
14 die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
15 van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
16 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
17 (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
18 want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
19 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
20 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
21 want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
22 maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.
1 Min sønn! Dersom du tar imot mine ord og gjemmer mine bud hos dig, 2 så du vender ditt øre til visdommen og bøier ditt hjerte til klokskapen, 3 ja, dersom du roper efter innsikten og løfter din røst for å kalle på forstanden, 4 dersom du leter efter den som efter sølv og graver efter den som efter skjulte skatter, 5 da skal du forstå Herrens frykt og finne kunnskap om Gud. 6 For Herren er den som gir visdom, fra hans munn kommer kunnskap og forstand, 7 og han gjemmer frelse for de opriktige, et skjold for dem som lever ustraffelig, 8 han vokter rettens stier og bevarer sine frommes vei. 9 Da skal du forstå rettferdighet og rett og rettvishet, ja enhver god vei.
10 For visdom skal komme i ditt hjerte, og kunnskap skal glede din sjel;
11 eftertanke skal holde vakt over dig, forstand skal verne dig, 12 for å fri dig fra onde veier, fra menn som fører forvendt tale, 13 fra dem som forlater rettvishets stier for å vandre på mørkets veier, 14 som gleder sig ved å gjøre ondt og jubler over onde, forvendte gjerninger, 15 som går på krokete stier og følger vrange veier. 16 Visdommen skal fri dig fra annen manns hustru, fra fremmed kvinne, som taler glatte ord, 17 som har forlatt sin ungdoms venn og glemt sin Guds pakt; 18 for hennes hus synker ned i døden, og hennes veier bærer ned til dødningene; 19 de som går inn til henne, kommer aldri tilbake og når aldri livets stier. 20 Visdommen skal hjelpe dig til å vandre på de godes vei og holde dig på de rettferdiges stier; 21 for de opriktige skal bo i landet, og de ustraffelige skal bli tilbake i det, 22 men de ugudelige skal utryddes av landet, og de troløse skal rykkes bort fra det.