Bevel om twee silwertrompette te maak.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2 Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.
3 As hulle dan daarop blaas, moet die hele vergadering by jou byeenkom by die ingang van die tent van samekoms.
4 Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou byeenkom die owerstes, die stamhoofde van Israel.
5 En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan.
6 Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek.
7 Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie.
8 En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié trompette moet vir julle 'n ewige insetting in julle geslagte wees.
9 En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die Here julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
10 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die Here julle God.
Optog van die Israeliete uit die woestyn Sinai.
11 IN die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel van die Getuienis af.
12 En die kinders van Israel het van plek tot plek weggetrek uit die woestyn Sinai, en die wolk het gaan rus in die woestyn Paran.
13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses.
14 En eerste het weggetrek die vaandel van die laer van Juda se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Nagson, die seun van Ammínadab.
15 En oor die afdeling van die stam van Íssaskar se kinders was Netáneël, die seun van Suar.
16 En oor die afdeling van die stam van Sébulon se kinders was Elíab, die seun van Helon.
17 Toe is die tabernakel afgebreek; en die seuns van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die tabernakel, het weggetrek.
18 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elísur, die seun van Sedéür.
19 En oor die afdeling van die stam van Símeon se kinders was Selúmiël, die seun van Surísaddai.
20 En oor die afdeling van die stam van Gad se kinders was Éljasaf, die seun van Réhuel.
21 Daarna het die Kehatiete, die draers van die heiligdom, weggetrek. En die ander het die tabernakel opgerig voordat hulle aangekom het.
22 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elisáma, die seun van Ammíhud.
23 En oor die afdeling van die stam van Manasse se kinders was Gámliël, die seun van Pedásur.
24 En oor die afdeling van die stam van Benjamin se kinders was Abídan, die seun van Gideóni.
25 Toe het weggetrek die vaandel van die laer van Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
26 En oor die afdeling van die stam van Aser se kinders was Págiël, die seun van Ogran.
27 En oor die afdeling van die stam van Náftali se kinders was Ahíra, die seun van Enan.
28 Dit is die optogte van die kinders van Israel volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek.
29 En Moses het vir Hobab, die seun van Réhuel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die Here gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die Here het oor Israel goeie dinge gespreek.
30 Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.
31 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die woestyn, en jy sal vir ons as oë dien.
32 En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die Here aan ons sal doen, ook aan jou doen.
33 En hulle het van die berg van die Here af drie dagreise ver getrek; en die verbondsark van die Here het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle 'n rusplek uit te soek.
34 En die wolk van die Here was bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek.
35 En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, Here, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.
36 En as dit rus, het hy gesê: Keer terug, Here, na die tienduisende van die duisende van Israel!
1 Og Herren talte til Moses og sa: 2 Gjør dig to trompeter av sølv; i drevet arbeid skal du gjøre dem. Og du skal bruke dem når menigheten skal kalles sammen, og når leirene skal bryte op. 3 Når der støtes i dem begge, da skal hele menigheten samle sig hos dig ved inngangen til sammenkomstens telt. 4 Støtes der bare i den ene, da skal høvdingene, overhodene for Israels tusener, samle sig hos dig. 5 Men når I blåser alarm, da skal de leire som ligger mot øst, bryte op. 6 Og når I blåser alarm annen gang, da skal de leire som ligger mot syd, bryte op. Alarm skal der blåses når de skal bryte op. 7 Men når menigheten skal kalles sammen, skal I støte i dem og ikke blåse alarm. 8 Arons sønner, prestene, er det som skal blåse i trompetene. Dette skal være en evig lov for eder, fra slekt til slekt. 9 Og når I drar i krig i eders land mot fiender som overfaller eder, da skal I blåse alarm med trompetene; og Herren eders Gud skal komme eder i hu, så I skal bli frelst fra eders fiender. 10 Og på eders gledesdager og eders høitider og eders nymånedager skal I støte i trompetene når I ofrer eders brennoffer og eders takkoffer, og de skal minne om eder for eders Guds åsyn; jeg er Herren eders Gud.
11 Og det skjedde i det annet år i den annen måned, på den tyvende dag i måneden, da løftet skyen sig fra vidnesbyrdets tabernakel,
12 og Israels barn brøt op og drog i dagsreiser fra Sinai ørken, og skyen lot sig ned i ørkenen Paran. 13 Dette var første gang de brøt op, og det var efter Herrens ord ved Moses. 14 Først brøt Judas barns leir op med sitt banner, hær efter hær, og høvdingen for deres hær var Nahson, Amminadabs sønn.
15 Og høvding for Issakars stammes hær var Netanel, Suars sønn. 16 Og høvding for Sebulons stammes hær var Eliab, Helons sønn. 17 Så blev tabernaklet tatt ned, og Gersons barn og Meraris barn, de som bar tabernaklet, brøt op. 18 Så brøt Rubens leir op med sitt banner, hær efter hær, og høvdingen for deres hær var Elisur, Sede’rs sønn.
19 Og høvding for Simeons stammes hær var Selumiel, Surisaddais sønn. 20 Og høvding for Gads stammes hær var Eljasaf, De’els sønn. 21 Så brøt kahatittene op, de som bar de høihellige ting; og før de kom frem, hadde de andre reist tabernaklet. 22 Så brøt Efra’ms leir op med sitt banner, hær efter hær, og høvdingen for deres hær var Elisama, Ammihuds sønn.
23 Og høvding for Manasse stammes hær var Gamliel, Pedasurs sønn. 24 Og høvding for Benjamins stammes hær var Abidan, Gideonis sønn. 25 Så brøt Dans leir op med sitt banner, hær efter hær(-)de var hele togets baktropp, og høvdingen for deres hær var Akieser, Ammisaddais sønn.
26 Og høvding for Asers stammes hær var Pagiel, Okrans sønn. 27 Og høvding for Naftali stammes hær var Akira, Enans sønn. 28 Således var Israels barn fylket når de brøt op, hær for hær. Så brøt de op,
29 og Moses sa til midianitten Hobab, Re’els sønn, Moses’svoger: Vi bryter nu op til det sted hvorom Herren har sagt: Jeg vil gi eder det. Kom med oss! Så vil vi gjøre vel imot dig; for Herren har lovt Israel alt hvad godt er.
30 Men han svarte: Jeg vil ikke gå med, jeg vil dra hjem til mitt land og min slekt. 31 Da sa Moses: Å nei, forlat oss ikke! Du vet jo best hvor vi kan leire oss i ørkenen, og du skal være vårt øie; 32 går du med oss, da vil vi la dig få godt av det gode som Herren gjør mot oss. 33 Så drog de da fra Herrens berg tre dagsreiser frem; og Herrens pakts ark drog foran dem de tre dagsreiser for å søke et hvilested for dem.
34 Herrens sky var over dem om dagen når de brøt op fra leiren. 35 Og når arken brøt op, sa Moses: Reis dig, Herre, så dine fiender spredes, og de som hater dig, flyr for ditt åsyn! 36 Og når den hvilte, sa han: Kom tilbake, Herre, til Israels titusen tusener!