1 DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing;
2 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die Here, die sieraad van onse God.
3 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.
4 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
5 Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.
6 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.
7 En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.
8 En dáár sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie.
9 Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;
10 en die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.
1 旷野和干旱之地必欢喜;
沙漠要快乐,
又像番红花一般开花,
2 必茂盛地开花,
大大快乐,并且欢呼。
黎巴嫩的荣耀、
迦密和沙仑的华美也赐给它;
人们必看见耶和华的荣耀、
我们 神的华美。
3 你们要坚固无力的手,稳固摇动的膝。
4 又对那些忧心的人说:
"你们要刚强,不要惧怕。
看哪!你们的 神,他要来报仇,
来施行报应,
他必来拯救你们。"
5 那时,瞎子的眼必打开,
聋子的耳必畅通。
6 那时,瘸子必像鹿一般跳跃,
哑巴的舌头必大声欢呼;
旷野必涌出大水,
沙漠必流出江河。
7 灼热的沙地必变为水池,
干旱之地必变成泉源;
在野狗的住处,就是牠们躺卧之处,
必成为青草、芦苇和蒲草生长的地方。
8 那里必有一条大路,
要称为"圣路";
不洁净的人不能经过,
那是为那些行走正路的人预备的;
愚昧的人不会在路上留连。
9 那里必没有狮子,
猛兽也不会上去,
在那里必遇不见牠们;只有蒙救赎的人在那里行走。
10 蒙耶和华赎回的人必归回,
必欢呼地来到锡安;
永远的喜乐必临到他们的头上;
他们必得着欢喜和快乐,
忧愁和叹息都必逃跑了。