1 AG, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig
2 — soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel — om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe
3 wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie — as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!
4 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
5 U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, Ú was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en — sal ons verlos word?
6 En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
7 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
8 Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
9 Here, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
10 U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis.
11 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword.
12 Here, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?
1 愿你裂天而降!本节在《马索拉文本》为63:19
愿群山都在你面前震动!
2 好象火烧着干柴,又像火把水烧开,
使你的敌人认识你的名,
使列国在你面前发颤。本节在《马索拉文本》为64:1
3 你行了可畏的事,是我们料想不到的,
那时你降临,群山都在你面前震动。
4 从古时以来,人未曾听过,
耳未曾闻过,眼未曾见过,
在你以外还有甚么神,
能为等候他的人行事的。
5 你善待那些喜欢行义,
在你的道路上记念你的人。
看哪!你曾发怒,因为我们犯了罪;
这样的情形已经很久,
我们还能得救吗?
6 我们众人都像不洁净的人,
我们所有的义,都像污秽的衣服;
我们众人都像叶子枯干,
我们的罪孽好象风一般把我们吹去。
7 没有人呼求你的名,
没有人奋起抓着你;
因为你掩面不顾我们,
使我们在自己罪孽的权势下融化。
8 耶和华啊!现在你还是我们的父;
我们不过是泥土,你才是陶匠;
我们众人都是你手所作的。
9 耶和华啊!求你不要大发烈怒。
不要永远记念罪孽。
求你垂看我们,我们众人都是你的子民。
10 你的圣城变了旷野,
锡安成了旷野,
耶路撒冷成了荒场。
11 我们那圣洁和荣美的殿,
就是我们的列祖赞美你的所在,
被火烧了。
我们所喜爱的一切,都成了废墟。
12 耶和华啊!对这些事你还忍得住吗?
你仍然缄默不言,使我们受苦到极点吗?