Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 11

OJJP

Wees nie kleingelowig nie!

1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

By die Here skuil ek. Hoe kan julle dan vir my : Vlug na julle berg soos 'n voël!

2 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

4 Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy sien, sy ooglede toets die mensekinders.

5 Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

7 Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

Veja também