Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 24

OJJP

Hef op julle hoofde, o poorte!

1 'n PSALM van Dawid.

Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;

2 want het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.

3 Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek?

4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

5 Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.

6 Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek dit is Jakob. Sela.

7 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

8 Wie is tog die Erekoning? Die Here, sterk en geweldig, die Here geweldig in die stryd.

9 Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!

10 Wie is dan tog die Erekoning? Die Here van die leërskare Hy is die Erekoning! Sela.

Veja também