Die aard van Paulus se prediking in Korinthe.
1 EN toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,
2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
3 Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing;
4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
6 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.
7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,
8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie — want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie —
9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
11 Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
1 Ey kardeşler, ben Allahʼın sırrını bildirmek için size geldiğimde süslü sözler veya insan hikmetiyle gelmedim. 2 Aranızdayken sadece İsa Mesih ve Oʼnun çarmıhtaki ölümü hakkında bilgi vermeye kararlıydım. 3 Kendimi güçsüz hissediyordum, korkudan tir tir titriyordum. 4 Konuşurken ve vaaz ederken sizi insan hikmetiyle inandırmaya çalışmadım. Sözlerim Kutsal Ruhʼun gücünu açıkça gösterdi. 5 Öyle ki, imanınız insan hikmetine değil, Allahʼın gücüne dayansın.
Allahʼın hikmeti
6 Evet, olgun insanlarla konuşurken hikmet kullanıyoruz. Ama bu, şimdiki dünyanın hikmeti değildir. Bu dünyanın liderlerinin hikmeti de değildir. Bu liderler zaten kaybolup gidiyorlar. 7 Ama Allahʼın sır olarak gizli kalan hikmeti hakkında konuşuyoruz. Allah dünyayı yaratmadan önce o hikmeti bizi yüceltmek için kullanmaya karar verdi. 8 O hikmeti bu dünyanın liderlerinden hiçbiri anlayamadı. Anlamış olsalardı, yüce Rabbi çarmıha germezlerdi. 9 Ama Kutsal Yazıʼda yazıldığı gibi:
"Allah, kendisini sevenler için öyle şeyler hazırladı ki,
bunları hiçbir göz görmemiş,
hiçbir kulak işitmemiş,
bunlara hiçbir insan aklı ermemiş."2:9 Yeşaya 64:4
10 Ama Allah bu şeyleri kendi Ruhu aracılığıyla bize açıklamıştır. Çünkü Ruh her şeyi, Allah hakkındaki en derin konuları bile araştırır. 11 Hangi insan başka bir insanın düşüncelerini bilebilir? Bunları yalnız o kişinin içindeki ruh bilir. Tıpkı bunun gibi, Allahʼın düşüncelerini de kimse bilmez, ancak Allahʼın Ruhu bilir. 12 Biz dünyanın ruhunu değil, Allahʼtan gelen Ruhʼu aldık. Allahʼın bize lütfuyla bağışladığı şeyleri bu Ruh sayesinde anlayabiliyoruz. 13 Bunları anlatırken insan hikmetiyle öğrendiğimiz sözler kullanmıyoruz. Kutsal Ruhʼun öğrettiği sözlerle ruhsal gerçekleri Ruhʼa uyanlara açıklıyoruz. 14 Kendi canının isteklerine uyan insan Allahʼın Ruhuʼndan gelen şeyleri kabul etmez. Bunlar ona saçma gelir, aklını aşar. Çünkü bunların değeri ancak ruhça anlaşılır. 15 Ruhʼa uyan insan ise her şeyin değerini tartar. Fakat hiç kimse o insanın değerini tartamaz.
16 "Rabbin düşüncelerini kim bildi?
Kim Oʼna akıl verecek?"2:16 Yeşaya 40:13
Ama biz Mesihʼin düşüncesine sahibiz.