Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Coríntios 15

OTTT

Die opstanding.

1 BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,

2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;

4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

5 en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.

6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.

7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

8 en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.

9 Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.

10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.

11 Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.

12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?

13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.

14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;

15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;

17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;

18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

21 Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.

22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.

24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.

28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?

30 Waarom is ons ook elke uur in gevaar?

31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

32 As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!

33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.

34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek dit tot julle beskaming.

35 Maar iemand sal : Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?

36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.

37 En wat jy saai jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar 'n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.

38 Maar God gee dit 'n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.

39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.

40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.

41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.

42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;

43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.

44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.

45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees.

46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.

49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

51 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

52 in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Mesihʼin ölümden dirilişi

1 Şimdi ey kardeşler, size vaaz ettiğim Müjdeʼyi hatırlatmak istiyorum. Siz Müjdeʼyi kabul ettiniz ve ona bağlı kalıyorsunuz. 2 Eğer boşuna inanmadıysanız, bu Müjdeʼyle kurtulursunuz. Yeter ki, size müjdelediğim habere sımsıkı tutunun.

3 Çünkü aldığım önemli bilgileri size verdim: Kutsal Yazılarʼın önceden bildirdiği gibi, Mesih günahlarımız için öldü. 4 Mezara koyuldu ve Kutsal Yazılarʼın önceden bildirdiği gibi üçüncü gün dirildi. 5 Petrusʼa15:5 Petrusʼa Asıl metinde Kefas. Kefas Petrus adının Aramicesidir., sonra on iki elçiye göründü. 6 Daha sonra beş yüzden fazla imanlı kardeşe aynı anda göründü. Bunların çoğu hâlâ sağ. Bazıları ise gözlerini hayata yumdu. 7,8 Daha sonra Yakubʼa15:7-8 Yakub İsa Mesihʼin üvey kardeşlerinden biri., sonra bütün elçilerine, en sonunda da bana göründü. Bir bakıma geç doğan garip bir yaratığa benziyorum. 9 Çünkü ben Mesihʼin elçilerinin en önemsiziyim. Aslında elçi denilmeye layık değilim. Çünkü Allahʼın topluluğuna eziyet ettim. 10 Ama şimdi neysem, Allahʼın lütfuyla oyum. Ve Oʼnun bana gösterdiği lütuf boşa gitmedi. Diğer elçilerden daha fazla çalıştım. Aslında çalışan ben değil, Allahʼın benimle birlikte olan lütfuydu. 11 Böylece ister ben, ister onlar, biz bu Müjdeʼyi vaaz ediyoruz. Siz de buna iman ettiniz.

Dirilişe inanmayanlara cevap

12 Şimdi, madem Mesih ölümden dirildi diye vaaz ediliyor, nasıl oluyor da, bazılarınız ölüler dirilmez diyor? 13 Ölüler dirilmezse, Mesih de dirilmedi demektir. 14 Mesih dirilmediyse, o zaman vaazımız boştur, sizin inancınız da boştur. 15 Üstelik Allah hakkında yalancı şahit oluyoruz. Çünkü Allahʼın Mesihʼi dirilttiğine şahitlik ettik. Fakat ölüler gerçekten dirilmezse, Allah Mesihʼi diriltmedi demektir. 16 Çünkü ölüler dirilmezse, Mesih de dirilmemiştir. 17 Mesih dirilmediyse, inancınız boştur. Siz hâlâ günahlarınıza esirsiniz. 18 Mesihʼe ait olup gözlerini hayata yummuş olanlar da mahvoldu demektir. 19 Eğer sadece bu hayat için Mesihʼe umut bağladıysak, bütün insanlardan daha acınacak durumdayız!

20 Ama Mesih gerçekten ölümden dirildi ve O, gözlerini hayata yummuş olanların ilk örneğidir. 21 Ölüm nasıl bir insan aracılığıyla geldiyse, ölümden diriliş de bir insan aracılığıyla geldi. 22 Çünkü nasıl Ademʼe bağlı olan herkes ölüyorsa, aynı şekilde Mesihʼe bağlı olan herkes yaşama kavuşturulacak. 23 Ama herkes sırasına göre dirilecek. İlk dirilen Mesihʼtir. Sonra, Mesihʼin gelişinde Oʼna bağlı olanlar dirilecek.

24 Bundan sonra Mesih her yönetim, her yetki ve kuvveti yok edip krallığı Baba Allahʼa teslim edecek. İşte, son o zaman gelecek. 25 Çünkü Mesihʼin hüküm sürmesi lazım. Sonunda Allah Oʼnun bütün düşmanlarını ayaklarının altına serecek. 26 Yok edilecek son düşman ölümdür. 27 Çünkü Allah her şeyi Mesihʼin ayakları altına sererek Oʼnun yetkisi altına koydu. Fakat "Her şey yetkisi altına koyuldu"15:27 Mezmur 8:6 derken, bunu yapan Allahʼın Mesihʼin yetkisi altına konulmadığı besbelli. 28 Allah her şeyi Oğulʼun yetkisi altına koyacak. Ondan sonra Oğul da, her şeyi Oʼnun yetkisi altına koymuş Olanʼnın yetkisi altına girecek. Böylece Allah her şeyde her şey olacak.

29 Diriliş yoksa ölüler adına vaftiz olanlar ne olacak? Ölüler kesinlikle dirilmeyecekse insanlar ne diye onların adına vaftiz oluyor? 30 Biz de niçin her an canımızı tehlikeye atıyoruz? 31 Kardeşlerim, yemin ederim ki her gün ölümle yüz yüze geliyorum. Bu, Rabbimiz Mesih İsaʼnın sizde yaptıklarıyla duyduğum gurur kadar kesindir. 32 Efesʼte vahşi hayvanlara benzeyen insanlarla boğuştuğumda, bunun bana ne faydası oldu? Ölüler dirilmezse, "Yiyelim, içelim. Nasıl olsa yarın öleceğiz."15:32 Yeşaya 22:13 33 Böyle konuşanlara hiç aldanmayın. "Kötü arkadaşlar iyi karakteri bozar."15:33 Menander adlı Grek şairden. 34 Aklınızı başınıza toplayın, doğru düşünün ve günah işlemekten vazgeçin. Çünkü bazılarınız Allahʼı hiç tanımıyorsunuz. Bunu utanasınız diye söylüyorum.

Nasıl bir bedenle dirileceğiz?

35 Kimileri şunu soracak: "Ölüler nasıl dirilecek? Nasıl bir bedenle gelecekler?" 36 Seni akılsız seni! Ektiğin tohum ölmeden filizlenip yaşama kavuşmaz. 37 İster buğday ister başka bitki olsun, ektiğin şey büyüyecek bitki değil, yalnızca tohumdur. 38 Allah her bitkiye istediği bedeni verir. Her çeşit tohuma da kendisine uygun bir beden verir. 39 Her canlının eti farklıdır. İnsan eti, hayvan eti, kuş eti, balık eti, hepsi değişiktir. 40 Ayrıca gökteki cisimler ve yerdeki cisimler var. Ama gökteki cisimlerin görkemi başka, yerdeki cisimlerin görkemi başkadır. 41 Güneşin görkemi başka, ayın görkemi başka, yıldızların görkemi başka. Her yıldızın görkemi diğer yıldızlarınkinden farklıdır.

42 Ölülerin dirilişi de böyle olur. Ölü beden gömüldükten sonra çürür, dirildikten sonra hiç çürümez. 43 Çirkin bir şey olarak gömülür, görkemli bir şey olarak dirilir. Güçsüz bir şey olarak gömülür, kuvvetli bir şey olarak dirilir. 44 Canın yaşattığı beden olarak gömülür, Kutsal Ruhʼun yaşattığı beden olarak dirilir. Canın yaşattığı beden olduğu gibi, Kutsal Ruhʼun yaşattığı beden de vardır. 45 Aynı Kutsal Yazıʼda yazıldığı gibi: "İlk insan, Adem, yaşayan bir can oldu."15:45 Yaratılış 2:7 Son Adem15:45 Son Adem Adem insanlık kaynağı olduğu gibi İsa Mesih son yeni insanlık kaynağı oldu. ise, yaşam veren bir ruh oldu. 46 Fakat ilk beden Kutsal Ruhʼun yaşattığı beden değil, canın yaşattığı bedendi. Kutsal Ruhʼun yaşattığı beden sonra geldi. 47 İlk insan yerden, topraktan yaratıldı. İkinci insan gökten geldi. 48 Topraktan yaratılan Adem nasılsa, topraktan olan bütün insanlar da öyledir. Gökten gelen İsa nasılsa, göğe ait olan bütün insanlar da öyledir. 49 Biz nasıl topraktan olan Ademʼe benzediysek, gökten gelen İsaʼya da benzeyeceğiz.

50 Kardeşler, demek istediğim şu: Et ve kandan olan bedenlerimiz Allahʼın Krallığıʼna kavuşamaz, çürüyen de çürümezliğe kavuşamaz. 51 Bakın, size bir sır açıklayayım: Hepimiz ölmeyeceğiz, ama hepimiz değiştirileceğiz. 52 Bir an içinde, bir göz kırpmasında, son borazan çalındığı zaman değiştirileceğiz. Çünkü borazan çalınacak, ölüler de çürümez bedenlerle dirilecekler. Hayatta kalan bizler de değiştirileceğiz. 53 Çünkü bu çürüyen bedenimiz çürümez hale dönüşmeli. Bu ölümlü bedenimiz ölümsüz hale dönüşmeli. 54 Çürüyen bu ölümlü bedenimiz değişip çürümez ve ölümsüz hale geldiğinde Kutsal Yazıʼda yazılmış olan şu sözler yerine gelecek: "Ölüm yok oldu, tam zafer kazanıldı."15:54 Yeşaya 25:8

55 "Ey ölüm, zaferin nerede kaldı?

Hani nerede zehirli dikenin, ey ölüm?"15:55 Hoşeya 13:14

56 Ölümün zehirli dikeni günahtır. Günah da gücünü Tevrat kanunlarından alır. 57 Fakat Allahʼa şükürler olsun! O bize Rabbimiz İsa Mesih aracılığıyla zafer kazandırır.

58 Böylece, sevgili kardeşlerim, imanınızda sımsıkı durun, ondan ayrılmayın. Rabbin işini yaparken her zaman hevesle çalışın. Çünkü Rabbe ait olduğunuz için çabalarınızın boşa gitmeyeceğini biliyorsunuz.

Veja também