Die Woord het in die vlees verskyn.
1 WAT van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe —
2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is —
3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees.
God is lig. Hy wat in die lig nie wandel nie, het geen gemeenskap met Hom nie.
5 EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Die belydenis van sonde en die vergifnis.
8 AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Yaşam Sözü
1 Başlangıçtan bu yana var olan Yaşam Sözüʼnü1:1 Yaşam Sözüʼnü Yaşam Sözü İsa Mesihʼtir. size bildiriyoruz. Oʼnu işittik, gözlerimizle gördük. Oʼna dikkatle baktık ve ellerimizle dokunduk. 2 Evet, bu Yaşam açıkça göründü. Biz de Oʼnu gördük ve Oʼna şahitlik ediyoruz. Size sonsuza dek var olan Yaşamʼı bildiriyoruz. O, göksel Babaʼyla birlikte olup bize açıkça göründü. 3 Biz görüp işittiğimizi size de bildiriyoruz. Öyle ki, sizin de bizimle ruhsal beraberliğiniz olsun. Bizim beraberliğimiz de Babaʼyla ve Oʼnun Oğlu İsa Mesihʼledir. 4 Bunları size, sevincimiz tam olsun diye yazıyoruz.
Allah ışıktır
5 Mesihʼten işittiğimiz ve şimdi size bildirdiğimiz haber şudur: Allah ışıktır ve Oʼnda hiç karanlık yoktur. 6 "Allahʼla beraberliğimiz var" dersek ama karanlıkta yaşarsak, yalan söylemiş ve gerçeğe uygun hareket etmemiş oluruz. 7 Allahʼın ışıkta olduğu gibi, biz de ışıkta yaşarsak birbirimizle beraberliğimiz olur ve Oğlu İsaʼnın kanı bizi her günahtan temizler. 8 "Günahımız yoktur" dersek, kendi kendimizi aldatmış oluruz, içimizde gerçek olmaz. 9 Eğer işlediğimiz günahları Allahʼa açıkça söylersek, O, günahlarımızı bağışlar ve bizi her türlü kötülükten temizler. Çünkü O, sözüne sadık ve adaletlidir. 10 "Günah işlemedik" dersek, Allahʼı yalancı çıkarmış oluruz ve Oʼnun sözü içimizde olmaz.