Die vermeerdering van die brode.
1 DAARNA het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;
2 en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
3 En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
4 En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
5 Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
6 Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.
7 Filippus antwoord Hom: Brood vir tweehonderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie.
8 Een van sy dissipels, Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:
9 Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?
10 En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyfduisend in getal.
11 En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.
12 En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.
13 Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.
14 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
15 En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
Jesus loop op die see.
16 EN toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.
17 En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.
18 En die see was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.
19 En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
20 Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.
21 Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.
Jesus die brood van die lewe vir die gelowiges.
22 DIE volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
23 Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
25 En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
30 En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
36 Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.
37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
38 Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
42 En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?
43 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.
44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
46 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
48 Ek is die brood van die lewe.
49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.
50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.
51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
57 Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.
58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het — nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
59 Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.
Baie van Jesus se dissipels verlaat Hom. Belydenis van Petrus.
60 EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
61 En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot 'n aanstoot?
62 Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?
63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
64 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.
65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.
66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
67 Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie?
68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
70 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel!
71 En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
İsa beş bin kişiyi doyuruyor
1 Bir süre sonra İsa Celile Gölüʼnün, yani Taberiye Gölüʼnün karşı tarafına geçti. 2 Büyük bir kalabalık İsaʼnın peşinden gidiyordu. Çünkü Oʼnun hastalara yaptığı mucizeleri görmüşlerdi. 3 İsa bir tepeye çıkıp orada öğrencileriyle birlikte oturdu. 4 Yahudilerin Özgürlük Bayramı yakındı.
5 İsa başını kaldırdı ve büyük bir kalabalığın kendisine doğru geldiğini gördü. Bunun için Filipusʼa, "Bu insanların yiyeceği ekmeği nereden alalım?" dedi. 6 İsa bunu Filipusʼu denemek için söyledi. Aslında kendisi ne yapacağını biliyordu.
7 Filipus Oʼna şöyle cevap verdi: "Herkesin birer lokma yiyebileceği kadar ekmek almaya iki yüz gümüş para bile yetmez."
8 İsaʼnın öğrencilerinden, Simun Petrusʼun kardeşi olan Andreas, Oʼna şöyle dedi: 9 "Burada beş arpa ekmeğiyle iki balığı olan bir çocuk var. Ama bu kadar kişi için bunlar nedir ki?"
10 İsa, "İnsanları yere oturtun" dedi. Yer çayırlıktı. Onlar da oraya oturdular. Aralarındaki erkeklerin sayısı aşağı yukarı beş bindi. 11 Sonra İsa ekmekleri aldı, şükredip oturanlara dağıttı. Aynı şekilde balıklardan da istedikleri kadar verdi.
12 Onlar doyacak kadar yedikten sonra İsa öğrencilerine şöyle dedi: "Artakalan yemek parçalarını toplayın. Hiçbir şey ziyan olmasın!" 13 Böylece artakalan parçaları topladılar. Yemek yiyen insanlardan artan beş arpa ekmeğinin parçalarıyla on iki sepet doldurdular.
14 İnsanlar İsaʼnın yaptığı mucizeyi görünce şöyle dediler: "Gerçekten dünyaya gelecek olan peygamber budur." 15 İsa onların gelip Oʼnu kral yapmak için zorla götüreceklerini biliyordu. Bu yüzden tekrar yalnız başına tepeye çekildi.
İsa suyun üzerinde yürüyor
16 Akşam olunca, İsaʼnın öğrencileri göl kıyısına indiler. 17 Tekneye binip gölün karşı tarafındaki Kefernahumʼa doğru yol aldılar. Artık karanlık çökmüştü, İsa da henüz yanlarına gelmemişti. 18 Üstelik güçlü bir rüzgarın esmesiyle gölde dalgalar yükseliyordu. 19 Öğrenciler aşağı yukarı beş kilometre6:19 Aşağı yukarı beş kilometre Grekçe "Yirmi beş ile otuz stadion." kürek çektikten sonra, İsaʼnın gölün üzerinde yürüdüğünü ve tekneye yaklaştığını gördüler. Çok korktular. 20 Fakat İsa onlara, "Benim! Korkmayın!" dedi. 21 Bunun üzerine Oʼnu tekneye almak istediler. Tekne de hemen gidecekleri yere vardı.
22 Ertesi gün, gölün karşı tarafında duran halk orada sadece bir tekne bulunduğunu fark etti. İsaʼnın öğrencileriyle birlikte tekneye binmediğini ve öğrencilerinin Oʼnsuz yola çıktığını da anladılar. 23 Öte yandan Taberiye şehrinden başka tekneler, Rab İsaʼnın şükretmesinden sonra ekmek yedikleri yere yaklaştı. 24 Halk İsaʼnın ve öğrencilerinin orada olmadığını görünce, o teknelere binip İsaʼyı aramak için Kefernahumʼa gitti.
Yaşam ekmeği İsa
25 İsaʼyı gölün karşı tarafında bulunca Oʼna şunu sordular: "Öğretmenimiz, buraya ne zaman geldin?"
26 İsa onlara şöyle cevap verdi: "Size doğrusunu söylüyorum, beni mucizeleri gördüğünüz için aramıyorsunuz, ekmeklerden yiyip doyduğunuz için arıyorsunuz. 27 Geçip giden yiyecek için çalışmayın. Sonsuz yaşama kadar kalacak olan yiyecek için çalışın. Bunu size İnsan Oğlu verecek. Çünkü Baba Allah Oʼna bu yetkiyi vermiştir."
28 Oʼna şunu sordular, "Peki ne yapmalıyız? Allahʼın bizden beklediği şeyleri nasıl yerine getiririz?"
29 İsa onlara şöyle cevap verdi: "Allahʼın sizden beklediği şey Oʼnun gönderdiği Kişiʼye iman etmenizdir."
30 Bunun üzerine Oʼna dediler: "O zaman sen nasıl bir mucize yapacaksın ki, biz onu görüp sana inanalım? Evet, ne yapacaksın? 31 Atalarımız ıssız yerlerde man yediler. Aynı yazıldığı gibi: ‘Yemeleri için onlara gökten ekmek verdi.’ "6:31 Çıkış 16:4,15; Nehemya 9:15; Mezmur 78:24
32 Bunun üzerine İsa onlara şöyle dedi: "Size doğrusunu söylüyorum, size gökten ekmek veren Musa değildi. Fakat gökten gelen asıl ekmeği size Babam verir. 33 Çünkü Allahʼın ekmeği gökten inen ve dünyaya yaşam verendir."
34 O zaman İsaʼya, "Efendimiz, bize her zaman bu ekmeği ver!" dediler.
35 İsa onlara şöyle dedi: "Yaşam ekmeği benim. Bana gelen asla acıkmaz, bana iman eden asla susamaz. 36 Fakat size söylediğim gibi, beni gördünüz, yine de iman etmiyorsunuz. 37 Babaʼnın bana verdiklerinin hepsi bana gelecek. Bana geleni de asla geri çevirmem. 38 Çünkü ben kendi isteğimi değil, beni Gönderenʼin isteğini yerine getirmek için gökten indim. 39 Beni Gönderenʼin isteği şudur: Bana verdiklerinden hiçbirini kaybetmeyeyim, ama onları son günde dirilteyim. 40 Çünkü Babamʼın istediği, Oğulʼu gören ve Oʼna iman eden herkesin sonsuz yaşama kavuşmasıdır. Ben de böylelerini son günde dirilteceğim."
41 "Gökten inmiş olan ekmek benim" dediği için oradaki Yahudiler İsaʼya karşı homurdanmaya başladılar. 42 Birbirlerine şöyle dediler: "Bu Yusuf oğlu İsa değil mi? Annesini babasını tanıyoruz, değil mi? Nasıl olur da şimdi, ‘Ben gökten indim’ diyor?"
43 İsa onlara şöyle cevap verdi: "Aranızda homurdanmayın. 44 Eğer beni gönderen Baba bir kimseyi bana çekmezse, o kimse bana gelemez. Ben de o kişiyi son günde dirilteceğim. 45 Peygamberlerin kitaplarında şöyle yazılıdır: ‘Onların hepsi Allah tarafından eğitilecek.6:45 Yeşaya 54:13’ Babaʼdan işitip öğrenen herkes bana gelir. 46 Bu, bir kimsenin Babaʼyı gördüğü anlamına gelmez. Sadece Allahʼtan gelmiş Olan Babaʼyı görmüştür. 47 Size doğrusunu söylüyorum, bana iman eden sonsuz yaşama sahiptir. 48 Yaşam ekmeği benim. 49 Atalarınız ıssız yerlerde man yediler ve öldüler. 50 Gökten inen öyle bir ekmek var ki, ondan yiyen ölmeyecek. 51 Gökten inmiş diri ekmek benim. Bu ekmekten yiyen kişi sonsuza dek yaşayacak. Benim vereceğim ekmek de kendi bedenimdir. Ben onu dünyanın hayat bulması için vereceğim."
52 Bunun üzerine Yahudiler birbirleriyle çekişmeye başladılar. "Bu adam bize yemek için kendi bedenini nasıl verebilir?" dediler.
53 Bu yüzden İsa onlara şöyle dedi: "Size doğrusunu söylüyorum, İnsan Oğluʼnun bedenini yemez ve Oʼnun kanını içmezseniz sizde yaşam yoktur. 54 Kim bedenimi yerse ve kanımı içerse, onun sonsuz yaşamı olur. Ben onu son günde dirilteceğim. 55 Çünkü bedenim asıl yiyecek ve kanım asıl içecektir. 56 Kim bedenimi yer ve kanımı içerse, o bende kalır, ben de onda. 57 Beni gönderen, yaşam kaynağı olan Babaʼdır. Ben Baba sayesinde yaşıyorum. Tıpkı bunun gibi, beni yiyen de benim sayemde yaşayacak. 58 Gökten inmiş olan ekmek budur. Atalarınızın man yemesi gibi değildir. Onlar yediler ve öldüler. Oysa bu ekmeği yiyen sonsuza kadar yaşayacak."
59 İsa bunları, Kefernahumʼda Yahudilerin toplantı yerinde vaaz ederken söyledi.
Birçok izleyici İsaʼyı terk ediyor
60 İsaʼnın öğrencilerinden birçok kişi bunu işitip şöyle dediler: "Bu çok çetin bir söz. Onu kim kabul edebilir?"
61 İsa yüreğinde öğrencilerinin bunun hakkında homurdandıklarını fark etti. Onlara şöyle dedi: "Bu söylediklerim sizi gücendiriyor mu? 62 Ya İnsan Oğluʼnun önceden bulunduğu yere tekrar çıktığını görseniz ne olur? 63 Yaşam veren Allahʼın Ruhuʼdur, insan çabası bunu hiç başaramaz. Size söylediğim sözler Ruh ve yaşamdır. 64 Ne var ki, aranızda iman etmeyen kişiler var." İsa kimlerin iman etmediklerini ve kimin Oʼna ihanet edeceğini baştan biliyordu. 65 Şöyle devam etti: "İşte, bunun için size demiştim ki, Babam fırsat vermedikçe, hiç kimse bana gelemez."
66 Bunun üzerine öğrencilerinin birçoğu geri döndü. Artık İsaʼyla dolaşmıyorlardı. 67 Bu sebeple İsa on iki elçisine şunu sordu: "Siz de mi ayrılmak istiyorsunuz?"
68 Simun Petrus Oʼna şöyle cevap verdi: "Efendimiz, biz ayrılıp kime gidelim? Sonsuz yaşam veren sözler sendedir. 69 İnandık ve artık biliyoruz ki, Allahʼın Kutsal Mesihi sensin."
70 İsa ona şöyle cevap verdi: "Siz on iki elçimi ben seçmedim mi? Yine de içinizden biri iblistir." 71 İsa, Simun İskariyotʼun oğlu Yahudaʼdan söz ediyordu. O, on iki elçiden biri olduğu halde İsaʼya ihanet edecekti.