Genesing van die siek man in Betésda.
1 HIERNA was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
2 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.
3 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.
4 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
5 En 'n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.
6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
8 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.
9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
12 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
13 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare op die plek was.
14 Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
Jesus verklaar dat Hy die Seun van God is, een met die Vader.
16 EN hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
19 Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.
20 Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
21 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
31 As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.
32 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
33 Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.
34 Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.
35 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir 'n tyd in sy lig te verbly.
36 Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
38 En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.
39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?
45 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig — Moses op wie julle gehoop het.
46 Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.
47 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?
İsa sakat adama şifa veriyor
1 Bu olaylardan sonra, Yahudilerin bir bayramı vardı. İsa da Yeruşalimʼe gitti. 2 Yeruşalimʼde Koyun Kapısıʼnın yanında beş kemeraltı olan bir havuz vardı. Aramiceʼde adı Beytesdaʼdır. 3,4 Bu kemeraltlarında yatan birçok hasta, kör, topal ve eli ayağı tutmayan insan vardı.5:3-4 Kemeraltlarında yatan Bu insanlar havuzun çalkalanmasını beklerlerdi. İnanışa göre bir melek zaman zaman havuza girer suyu çalkalardı. Bundan sonra havuza ilk giren kişi, tutulduğu hastalıktan kurtulurdu. Bu bilgiler bazı Grekçe elyazmalarında veriliyor. 5 Otuz sekiz yıldan beri hasta olan bir adam da oradaydı. 6 İsa onu orada yatarken gördü. Adamın uzun zamandan beri bu vaziyette olduğunu biliyordu. Ona, "İyi olmak ister misin?" diye sordu.
7 Hasta adam Oʼna şöyle cevap verdi: "Efendim, sular çalkalanınca, beni havuza indirecek kimsem yok. Ben daha yoldayken başkası benden önce iniyor."
8 İsa ona şöyle dedi: "Kalk, döşeğini al ve yürü!" 9 Adam hemen iyileşti, döşeğini kaldırdı ve yürümeye başladı.
Ne var ki, o gün Şabat günüydü. 10 Bu nedenle Yahudi liderler iyileşmiş olan adama şöyle dediler: "Bugün Şabat günü. Döşeğini kaldırman yasak!"
11 Adam onlara şu cevabı verdi: "Beni iyileştiren kişi, bana, ‘Döşeğini kaldır ve yürü’ dedi."
12 Bunun üzerine, " ‘Döşeğini kaldır ve yürü’ diyen adam kim?" diye sordular.
13 Fakat şifa bulan adam bunu söyleyenin kim olduğunu bilmiyordu. Çünkü orası kalabalıktı. İsa da çekilip gitmişti.
14 Bu olaylardan sonra İsa adamı tapınakta buldu ve ona şöyle dedi: "Bak, iyi oldun. Artık günah işleme ki, senin başına daha kötü bir şey gelmesin." 15 Adam gidip kendisine şifa verenin İsa olduğunu Yahudi liderlere bildirdi.
İsaʼnın yetkisi
16 Bu yüzden Yahudi liderler İsaʼyı sıkıştırmaya başladılar. Çünkü bu şeyleri Şabat gününde yapıyordu. 17 Ama İsa onlara şöyle cevap verdi: "Babam hâlâ çalışıyor; ben de çalışıyorum." 18 Bu nedenle Yahudi liderler İsaʼyı öldürmek için daha da çok çaba gösterdiler. Çünkü yalnız Şabat gününü bozmakla kalmıyor, "Allah Babamʼdır" diyerek kendini Allahʼa eşit kılıyordu.
19 Böylece İsa onlara cevap olarak şöyle dedi: "Size doğrusunu söylüyorum, Oğul kendiliğinden hiçbir iş yapamaz. Ancak Babaʼdan gördüğünü yapar. Baba ne yaparsa Oğul da aynısını yapar. 20 Çünkü Baba Oğulʼu sever ve yaptığı her şeyi Oʼna gösterir. Şaşıp kalasınız diye Oʼna bunlardan daha büyük işler de gösterecek. 21 Baba nasıl ölüleri diriltip yaşam verirse, Oğul da istediği kişilere yaşam verir. 22 Baba hiç kimseyi yargılamaz, bütün yargılama işini Oğulʼa verdi. 23 Öyle ki, herkes Babaʼya gösterdiği aynı saygıyı Oğulʼa da göstersin. Oğulʼa saygı göstermeyen, Oʼnu gönderen Babaʼya da saygı göstermez.
24 Size doğrusunu söylüyorum, Sözümü işiten ve beni göndermiş Olanʼa iman eden kişi sonsuz yaşama sahip olur. Böyle biri yargılanmaz, ama ölümden yaşama geçmiştir. 25 Size doğrusunu söylüyorum, öyle bir saat geliyor ki, ölüler Allahʼın Oğluʼnun sesini işitecekler ve bu sesi işitenler yaşam bulacaklar. O saat geldi bile! 26 Çünkü Baba yaşam kaynağı olduğu gibi, Oğulʼu da yaşam kaynağı yaptı. 27 Oʼna yargılama yetkisini de verdi. Çünkü O İnsan Oğluʼdur. 28 Buna şaşmayın. Mezardaki herkesin Oʼnun sesini işiteceği saat geliyor. 29 O zaman mezarlarından çıkacaklar. İyilik yapmış olanlar yaşamak için dirilecek, fakat kötülük yapmış olanlar yargılanmak için dirilecekler. 30 Ben kendiliğimden bir şey yapamam. İşittiğim gibi yargılarım ve yargım doğrudur. Çünkü kendi isteğimi değil, beni Gönderenʼin isteğini yerine getiririm.
İsa hakkında şahitlik edenler
31 Ben kendim için şahitlik edersem, şahitliğim geçerli olmaz. 32 Benim için şahitlik eden başka biri var. Benim için ettiği şahitliğin geçerli olduğunu biliyorum.
33 Siz Yahyaʼya adamlar gönderdiniz. O da gerçeğe şahitlik etti. 34 Ben bunları, insan şahitliğini kabul ettiğim için değil, siz kurtulasınız diye söylüyorum. 35 Yahya yanan ve aydınlık veren bir lambaydı. Sizler de bir süre onun ışığında sevinmek istediniz.
36 Ama benim Yahyaʼnınkinden daha önemli bir şahitliğim var. Babaʼnın tamamlamam için bana verdiği işler, şu yaptığım işler beni Babaʼnın gönderdiğine şahitlik ediyor. 37 Beni gönderen Baba da benim için şahitlik etmiştir. Siz hiçbir zaman Oʼnun sesini işitmediniz, Oʼnu yüz yüze görmediniz. 38 Oʼnun sözü içinizde kalmıyor. Çünkü Oʼnun gönderdiği Kişiʼye inanmıyorsunuz. 39 Kutsal Yazılarʼı araştırıyorsunuz, çünkü bunlar sayesinde sonsuz yaşama sahip olduğunuzu sanıyorsunuz. Oysa bana şahitlik eden de bunlardır. 40 Yine de yaşama sahip olmak için bana gelmek istemiyorsunuz.
41 Ben insanlardan övgü beklemiyorum. 42 Fakat sizi bilirim, içinizde Allah sevgisi yoktur. 43 Ben Babamʼın adıyla geldim ve beni kabul etmiyorsunuz. Ama başka biri kendi adıyla gelirse onu kabul edeceksiniz. 44 Siz birbirinizden övgü bekliyorsunuz. Ama tek olan Allahʼtan gelen övgüyü kazanmaya çalışmıyorsunuz. Öyleyse, nasıl iman edebilirsiniz?
45 Sizi Babaʼnın önünde suçlayacağımı sanmayın. Sizi suçlayan başka biri var, o da umut bağladığınız Musaʼdır. 46 Musaʼnın yazdıklarına inansaydınız bana da inanırdınız. Çünkü o benim hakkımda yazmıştır. 47 Ama mademki onun yazdıklarına inanmıyorsunuz, benim sözlerime nasıl inanacaksınız?"