Die Samaritaanse vrou.
1 TOE die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes —
2 alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels —
3 het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
4 En Hy moes deur Samaría gaan.
5 Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
6 En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
7 Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —
8 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
9 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
11 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
13 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie;
18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
19 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is.
20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
23 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.
26 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
27 En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?
28 Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:
29 Kom kyk 'n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Christus nie?
30 Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.
Die oes en die arbeiders.
31 EN intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, eet.
32 Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
33 Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
36 En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
37 Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander wat maai.
38 Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
39 En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.
40 Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.
41 En baie meer het op grond van sy woord geglo
42 en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
Genesing van die seun van die koninklike beampte.
43 EN ná die twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galiléa vertrek.
44 Want Jesus self het getuig dat 'n profeet in sy eie vaderland geen eer ontvang nie.
45 Toe Hy dan in Galiléa kom, het die Galiléërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
46 Jesus het dan weer gekom te Kana in Galiléa, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was.
47 Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.
48 Jesus sê toe vir hom: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.
49 Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.
50 Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
51 En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
52 Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom: Gister, die sewende uur, het die koors hom verlaat.
53 Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis.
54 Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.
İsa Samiriyeli kadınla konuşuyor
1 Ferisiler İsaʼnın Yahyaʼdan daha çok öğrenci toplayıp vaftiz ettiğini duymuşlardı. 2 Aslında İsaʼnın kendisi değil, Oʼnun öğrencileri vaftiz ediyordu.4:2 Aslında İsaʼnın kendisi değil İsa kendisi vaftiz etme işini yapmıyordu, bu işi öğrencilerine yaptırıyordu. Ama İsa adına vaftiz ediyorlardı. 3 İsa Ferisilerin duyduklarını öğrenince Yahudiye bölgesinden ayrılıp Celile bölgesine dönmek için yola çıktı.
4 Fakat önce Samiriye bölgesinden geçmesi lazımdı. 5 Böylece Samiriyeʼnin Sihar adlı bir kasabasına geldi. Burası Yakubʼun, oğlu Yusufʼa vermiş olduğu tarlaya yakındı. 6 Yakubʼun kuyusu da oradaydı. İsa yolculuktan yorulduğu için kuyunun başına oturdu. Öğle vaktiydi. 7 Samiriyeli bir kadın su çekmeye geldi.
İsa ona şöyle dedi: "Bana su ver, içeyim." 8 O sırada İsaʼnın öğrencileri yiyecek almak için kasabaya gitmişlerdi.
9 Bunun üzerine Samiriyeli kadın Oʼna dedi ki, "Sen Yahudisin, bense Samiriyeli bir kadınım. Nasıl olur da benden su istersin? Çünkü Yahudiler Samiriyelilerle aynı kabı kullanmazlar."
10 İsa ona şöyle cevap verdi: "Allahʼın sana neler verebileceğinden haberin yok. Sana ‘Bana su ver, içeyim’ diyenin kim olduğunu da bilmiyorsun. Bilseydin, Oʼndan isterdin, O da sana yaşam suyunu verirdi."
11 Kadın Oʼna şöyle dedi: "Efendim, kuyu derin, su çekecek kovan da yok. Bu yaşam suyuna nereden sahip oluyorsun? 12 Bu kuyuyu bize atamız Yakub vermiş. Kendisi, çocukları ve hayvanları da bu kuyudan içmişler. Sen ondan daha büyük değilsin ya!"
13 İsa ona şöyle cevap verdi: "Bu sudan içen herkes tekrar susayacak. 14 Fakat benim vereceğim sudan içen bir daha susamayacak. Ona vereceğim su, içinde fışkıran, ona sonsuz yaşam veren bir pınar olacak."
15 Kadın Oʼna, "Efendim, bu suyu bana ver" dedi. "Böylece ne susayayım ne de su çekmek için buraya kadar geleyim."
16 İsa ona, "Git, kocanı çağır ve buraya dön" dedi.
17 Kadın Oʼna cevap olarak, "Kocam yok" dedi.
İsa ona, " ‘Kocam yok’ demekle doğruyu söyledin" dedi. 18 "Çünkü beş kocaya vardın. Şimdi beraber yaşadığın adam da kocan değil. Söylediğin doğru."
19 Kadın Oʼna şöyle dedi: "Efendim, anlıyorum ki, sen bir peygambersin. 20 Atalarımız Allahʼa bu dağda tapındılar. Fakat siz Yahudiler diyorsunuz ki, Allahʼa tapınacak yer Yeruşalimʼde."
21 İsa ona şöyle dedi: "Bayan4:21 Bayan O zamanlarda bayan diye tercüme edilen söz saygıdeğer kadınlar için kullanılırdı., bana inan, öyle bir saat geliyor ki, Babaʼya ne bu dağda, ne de Yeruşalimʼde tapınacaksınız. 22 Siz bilmediğinize tapınıyorsunuz. Biz bildiğimize tapınıyoruz. Çünkü kurtuluş Yahudilerdendir. 23 Ama öyle bir saat geliyor ki, yürekten tapınanlar Babaʼya ruhla4:23 Ruhla "Kutsal Ruhʼla" anlamına da gelebilir. ve gerçekte tapınacaklar. Çünkü Baba kendisine böyle tapınanları arıyor. İşte o saat şimdidir. 24 Allah ruhtur, Oʼna tapınanların ruhla4:24 Ruhla "Kutsal Ruhʼla" anlamına da gelebilir. ve gerçekte tapınmaları gerekir."
25 Kadın İsaʼya şöyle dedi: "Biliyorum ki, Mesih diye bilinen meshedilmiş Kişi4:25 Meshedilmiş Kişi Mesih Allahʼın Tevratʼta İsrail halkına söz verdiği kurtarıcıdır. Göreve atanmak için meshedilen yani üzerine yağ sürülen kişi demektir. Mesih kelimesinin Grekçe karşılığı Hristiyan adının türetildiği Hristosʼtur. Bakınız Elçilerin İşleri 11:26 ayetine. geliyor. O gelince, bize her şeyi bildirecek."
26 İsa ona şöyle dedi: "Seninle konuşan ben, Oʼyum."
27 O anda İsaʼnın öğrencileri geri döndüler. Oʼnun bir kadınla konuştuğuna şaşırıp kaldılar. Ama hiçbiri "Ne istiyorsun?" ya da, "Bu kadınla neden konuşuyorsun?" demedi.
28 Bunun üzerine kadın su kabını bırakıp kasabaya döndü ve oradakilere şöyle dedi: 29 "Gelin, yaptığım her şeyi bana söyleyen adamı görün. Acaba bu Mesih olabilir mi?" 30 Halk kasabadan çıkıp İsaʼnın yanına geliyordu.
31 Bu arada öğrencileri Oʼna "Öğretmenimiz, bir şey yemez misin?" diye yalvardılar.
32 Ama İsa onlara şöyle dedi: "Sizin hiç bilmediğiniz bir yemeğim var."
33 Öğrencileri birbirlerine, "Acaba biri Oʼna yiyecek mi getirdi?" diye sordular.
34 İsa onlara şöyle dedi: "Benim yiyeceğim, beni Gönderenʼin istediğini yerine getirmek ve bana verdiği işi tamamlamaktır. 35 Siz, ‘Ekinleri biçmeye daha dört ay var’ demiyor musunuz? İşte, size söylüyorum ki, başınızı kaldırın ve tarlalara bakın. Ekinler zaten sararmış, biçmeye hazır. 36 Kim onları biçerse, ücretini alır ve sonsuz yaşam için ürün toplar. Öyle ki, eken ve biçen birlikte sevinsin. 37 Çünkü şu söz doğrudur: ‘Biri eker, başkası biçer.’ 38 Ben sizi, çalışmadığınız yerde biçmeye gönderiyorum. Başkaları çalıştı, sizse onların işine kondunuz."
39 İsa hakkında, "Yaptığım her şeyi bana söyledi" diye şahitlik eden kadının sözü sayesinde o kasabadan birçok Samiriyeli İsaʼya iman etti. 40 Samiriyeliler de İsaʼya gelip yanlarında kalması için rica ettiler. O da orada iki gün kaldı. 41 Oʼnun konuşmasını işiten daha birçok kişi iman etti.
42 Kadına da şöyle dediler: "İmanımız artık senin söylediklerine dayanmıyor. Çünkü Oʼnu kendimiz işittik ve biliyoruz ki, gerçekten dünyanın kurtarıcısı Oʼdur."
İsa görevlinin oğluna şifa veriyor
43 İki gün geçtikten sonra İsa oradan ayrıldı ve Celile bölgesine döndü. 44 Daha önce İsaʼnın kendisi şöyle şahitlik etti: "Peygamber kendi memleketinde saygı görmez."4:44 Matta 13:57; Markos 6:4; ve Luka 4:24 ayetlerine bakınız. 45 Celile bölgesine vardığı zaman, Celileliler Oʼnu iyi karşıladılar. Yeruşalimʼde bayram zamanında yapmış olduğu her şeyi gördüler, çünkü onlar da oraya gitmişlerdi.
46 İsa tekrar Celileʼnin Kana köyüne geldi. Bu köyde suyu şaraba çevirmişti. Orada kralın hizmetinde görevli bir adam vardı. Oğlu Kefernahum şehrinde hastaydı. 47 Adam, İsaʼnın Yahudiye bölgesinden Celile bölgesine geldiğini işitti. Hemen ayrılıp İsaʼnın yanına gitti. İsaʼnın yetişip oğlunu iyileştirmesi için yalvardı, çünkü oğlu ölüm döşeğindeydi.
48 İsa ona şöyle dedi: "Siz mucizeler ve harikalar görmedikçe hiç iman etmeyeceksiniz."
49 Kralın hizmetindeki adam Oʼna şöyle dedi: "Efendim, evladım ölmeden yetiş!"
50 İsa ona, "Evine dön, oğlun yaşıyor" dedi.
Adam İsaʼnın kendisine söylediği söze inanıp ayrıldı. 51 O henüz yolda iken, köleleri onu karşıladı ve "Oğlun yaşıyor" dediler. 52 Adam çocuğun iyileşmeye başladığı saati sordu. Onlar da şöyle cevap verdiler: "Dün, öğleyin saat birde ateşi düştü."
53 Baba, bunun İsaʼnın "Oğlun yaşıyor" dediği saat olduğunu anladı. Bunun üzerine hem kendisi hem de bütün ev halkı iman etti.
54 Bu, İsaʼnın Yahudiyeʼden Celileʼye tekrar geldikten sonra yaptığı ikinci mucizeydi.