1 EN ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.
2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos dié van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
5 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.
6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
9 As iemand 'n oor het, laat hom hoor.
10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
Die dier wat uit die aarde opkom.
11 EN uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak.
12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
15 En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.
Denizden çıkan canavar
1 O zaman denizden çıkan on boynuzlu, yedi başlı bir canavar gördüm. On boynuzunun üzerinde birer taç ve yedi başının üzerinde Allahʼa hakaret eden birer ad vardı. 2 Gördüğüm canavar parsa13:2 Pars Leopar. benziyordu. Fakat ayakları ayı ayakları, ağzı aslan ağzı gibiydi. Ejderha bu canavara kendi gücünü, tahtını ve büyük yetkisini verdi. 3 Başlarının biri sanki ölümcül bir yara almıştı. Ama ölümcül yarası iyileşti. Bütün dünya şaşkınlık içinde canavarın peşinden gitti. 4 İnsanlar canavara bu yetkiyi veren ejderhaya taptılar. Aynı zamanda canavara da taptılar. "Canavarın benzeri var mı? Onunla kim savaşabilir?" dediler.
5 Canavara, büyük konuşan ve Allahʼa hakaret eden bir ağız verildi. Bu yetkiyi kırk iki ay süreyle kullanmasına izin verildi. 6 Canavar ağzını açtı, Allahʼa, Oʼnun adına ve Oʼnun yaşadığı yere, yani gökte yaşayanlara hakaret etti. 7 Allahʼın kutsal halkıyla savaşıp onları yenmesine izin verildi. Canavara, her oymak, her halk, her dil ve her millet üzerinde hüküm sürme yetkisi de verildi. 8 Yeryüzünde oturanların hepsi canavara tapacak. Onlar, boğazlanmış Kuzuʼnun yaşam kitabında dünyanın yaratılışından beri adı yazılmamış olanlardır. 9 Kulağı olan işitsin!
10 "Kim esir düşecekse
esir düşecek.
Kim kılıçla öldürülecekse
kılıçla öldürülecek."13:10 Yeremya 15:2
Bu durumda Allahʼın kutsal halkı dayanmalı ve sadık kalmalı.
Yerden çıkan canavar
11 Sonra ikinci bir canavar gördüm. Yerden çıkan bu canavar, kuzu boynuzuna benzer iki boynuza sahipti. Ama ejderha gibi konuşuyordu. 12 İkinci canavar, birinci canavarın bütün yetkisini onun adına kullanır. Yeryüzünü ve orada oturanları ölümcül yarası iyileşmiş birinci canavara tapmaya zorlar. 13 Büyük mucizeler yapar. İnsanların gözü önünde gökten yeryüzüne ateş bile yağdırır. 14 İkinci canavar yaptığı mucizelerle yeryüzündeki insanları kandırdı. Bunu birinci canavarın önünde yaptı ve insanlara kılıçla yaralandıktan sonra sağ kalan birinci canavarın heykelini yapmalarını söyledi. 15 Birinci canavarın heykeline nefes vermesine izin verildi. Böylece canavarın heykeli konuşabilecek ve kendisine tapmayan herkesin öldürülmesini emredecekti. 16 Küçük büyük, zengin fakir, özgür köle, herkesi sağ eline ya da alnına işaret almaya zorlar. 17 İşaret canavarın adı veya adını gösteren sayıdır. İşaretsiz kimse bir şey alıp satamazdı.
18 Bu, hikmet gerektiren bir şeydir. Akıl sahibi, o canavarın sayısını hesaplasın, çünkü bu sayı bir insanın sayısıdır13:18 Çünkü bu sayı bir insanın sayısıdır. Ayrıca "Çünkü bu sayı insan sayısıdır" diye tercüme edilebilir.. Canavarın sayısı 666ʼdır.